Baba Liam sterf in Rob Ferreira
Die vyf maande oue Liam van Straten is vanoggend omstreeks 10:00 oorlede.

Liam van Straten, die vyf maande oue baba met erge aangebore hartkwale is dood.
Liam is met vier verskillende hartdefekte in Rob Ferreira Hospitaal gebore. Van dag een af was sy gesondheid in gedrang, omdat hy nie spesialis behandeling in Mpumalanga kon ontvang nie.
As gevolg van sy ernstige hartprobleme moes Liam deur ְ’n pediatriese kardioloog behandel word, iets wat die provinsie se Departement van Gesondheid nie het nie.
Lees ook: Police officer killed in Lillydale, suspects at large
Kort na sy geboorte het hy ook verskeie aanvalle gekry en sy hartjie het gaan staan. Hy het Vrydag weer ʼn episode gehad en dokters moes vir langer as ’n uur spook om sy hart weer aan die klop te kry.
Liam het toe in ’n koma verval en het nie weer wakker geword nie.
Sy ma, Judy Wolmarans, was by hom toe hy omstreeks 10:00 Saterdag, 31 Mei, dood is.
“Ons is nog geskok en hartseer, maar ons besef ook dat dit wat die beste vir Liam is gebeur het,” sê Liza Labushage, Liam se ouma.
