Local news

In fotos: Hoërskool Lydenburg oortuigend deur na finaal

Dié spelers het ook gewys hóé hulle krag en vasberadenheid gehelp het om besit te verseker en balverliese te weeg te bring.

‘n Totaal van13 wedstryde, vier skole, 440 spelers, 78 afrigters en meer as ‘n 1 000 toeskouers.

Dié syfers het deel van Hoërskool Lydenburg se rugby: Afdeling 2-liga-uitspele (grootskoleliga) gevorm wat Saterdag, 7 Junie, op hulle tuisveld plaasgevind het.

Tawwe rugby was aan die orde van die dag met spanne wat dit uitgespook het om na die Afdeling 2-finaal deur te dring.

Die groot trekpleister was die finale uitspele tussen hoërskole Lydenburg en dié van Rob Ferreira. Die span van Lydenburg het van die begin af die spel oordonder en het teen rustyd reeds met 32-17 voorgeloop.

Die voorry het deurentyd stabiliteit en krag aan die skrum gebied, wat verhoed het dat spel agtertoe beweeg, terwyl hulle die haker ten volle ondersteun het. Tydens die lynstane het die spelers ook goed presteer deur die bal teen die opposisie te beskerm.

Die agterspelers van Lydenburg het vir die noodsaaklike verdediging teen Rob Ferreira gesorg. Die duikslae was hard en het sodoende die opposisie se aanvallende pogings ontwrig.

Dié spelers het ook gewys hóé hulle krag en vasberadenheid gehelp het om besit te verseker en balverliese te weeg te bring.

Al het Rob Ferreira se spelers in die tweede helfte met meer drif begin speel, het die spelers van Hoërskool Lydenburg konstant voorgeloop en met ‘n oortuigende 41-30 gewen.
“Die finale uitspele vir die ronde is op26 Junie wanneer Lydenburg op hulle tuisveld teen die spanne van Hoogenhout, Witbank en Rob Ferreira te staan gaan kom,” sê Gerhard du Toit, die voorsitter van die Afdeling 2-liga en sporthoof van Hoërskool Lydenburg.

Die wenners van dié finaal sal dan aangewys word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button