Local newsSponsored

GEBORG | Topskrywers kom gesels op Kaapsehoop diè naweek

Die Boekenaweek skop Vrydag, 29 Augustus, om 15:00 af.

Marita van der Vyver is een van verskeie topskrywers wat haar jongste boek in die Laeveld tydens Toyota Innibos se Boekenaweek bekend stel.

Dit word die naweek van 29 tot 31 Augustus in die kapel by Silver Mist Gastehuis op Kaapsehoop gehou.

Marita sal oor My jaar van vrees en vryheid gesels, oor haar en haar man, Alain Claisse, se middeljarige gap-jaar wat hulle al swerwend deur die wêreld geneem het. Die gesprek vind om 10:00 op Saterdag, 30 Augustus, plaas.

Marita van der Vyver – My jaar van vrees en vryheid.

Die Boekenaweek skop Vrydag, 29 Augustus, om 15:00 af met ‘n boek wat eweneens vars van die drukpers is.

Dana Snyman, ‘n inwoner van Kaapsehoop se Wie de hel is Johnny Joubert?

Notas van ‘n rugbyliefhebber vertel van die goue draad wat rugby deur sy lewe verteenwoordig.

Dana Snyman – Wie de hel is Johnny Joubert anyway.

LEES OOK: Bladsy vir bladsy was die Innibos Boekenaweek die blaai werd

Debuutskrywer PJO Jonker wie se boek Die Onsigbare heelwat belangstelling gewek het en vir die Eugène Marais-debuutprys benoem is, gesels daarna met Susan Booyens.

Luna Paige, die sangeres, se vertoning sluit die verrigtinge om 19:00 af.

Luna Paige. Foto: Robert Hamblin.

Saterdag voer digkuns en aktuele sake die botoon, hoewel Donker Vuur, die jongste roman van Pieter Stoffberg, skrywer van Ermelo, die dag se program begin.

Pieter Stoffberg 2- Donker vuur.

Jo Prins, boekeredateur van Netwerk24 en digter, gesels oor die bundel Merang met een van die samestellers daarvan, Neil Cochrane. Ses digters van Mpumalanga se Words in my Mouth Poetry Slam gaan daarna met praatdigkuns laat waai.

Jo Prins.

LEES OOK: Ysige koue deur engelstem in Kaapsehoop-kapel verdryf

Karen Schimke, bekroonde digter, vertaler en skepper van die Substack-nuusbrief, “Love Letter”, laat val die kollig op onder meer die migrering van skryfwerk en skrywers na digitale platforms.

DEKAT-tydskrif se 40ste bestaansjaar word vanjaar herdenk, en Elzilda Becker, die redakteur, gesels met De Wet Potgieter oor die ryk geskiedenis van dié ikoniese publikasie.

Gerekende joernalis De Wet Potgieter.

Die opspraakwekkende sluiting van Beeld verlede jaar kom onder die loep met die laaste redakteur van dié koerant, Barnard Beukman, se boek, Die (vreemde) einde van ‘n koerant. Dit sal die eerste bekendstelling landwyd wees.

Vreemde einde van ‘n koerant – Barnard Beukman.

Foeta Krige, oud-omroeper en nuusman, gaan met Barnard gesels oor wat alles in die wandelgange en agter die skerms tydens die onverkwiklike einde van die koerant afgespeel het.

Barnard Beukman – Vreemde einde van ‘n koerant.

Chris du Plessis sluit die dag af by Oppitoneel met ‘n speelse kyk in sy vertoning, Moordballades en ander minder vrolike verse uit die Groot Vreseboek.

Kaartjies is R200 vir al die boekgesprekke, of R30 per gesprek en kan van Vrydag, 29 Augsutus, by die deur gekoop word.

Slegs kaarttransaksies. Luna Paige en Du Plessis se vertonings kos R150.

Navrae: Annemarie van der Walt by annemarie@innibos.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button