Kaapsehoop rou na geliefde inwoner se skielike sterfte
Rudi du Plessis sal as opregte, mededeelsame mens met ’n goeie hart onthou word.
Die Kaapsehoop- en breër Laeveldse-gemeenskap is in rou gedompel na geliefde inwoner, Rudi du Plessis, op 7 Oktober in die ouderdom van 56 oorlede is.
Die oorsaak van Rudi se afsterwe kan moontlik aan ‘n hartaanval toegeskryf word.
Bekende skrywer, Dana Snyman, was sy buurman op Kaapsehoop en het op hom afgekom toe Du Plessis se vriendin, Esmarie Glinester, hom nie in die hande kon kry nie.
“Rudi was ‘n baie goeie ou. Dit voel alles nog so onwerklik,” het Snyman aan Laevelder gesê.
LEES OOK: Geliefde Laeveldse skrywer Alita Steenkamp op Kaapsehoop ter ruste gelê
Du Plessis was ‘n bekende langafstand atleet en het ‘n goue medalje in die Comrades verower in 1993. Hy het algeheel sesde geëindig in ‘n tyd van 05:52;21.

Hy was ook ‘n oud-onderwyser van Laerskool Laeveld in Nelspruit.
Du Plessis het in Kaapsehoop die gewilde Kaapsehoop Scootours bedryf.
LEES OOK: Scootouring around Kaapsehoop
Talle inwoners en volgelinge het van regoor die land huldeblyke op Facebook gedeel.
“Rus sag, ou Rudi. Dankie vir die lekker kuier langs die pad en die voorreg om te hoor dat jy sowaar onder die top 10 klaargemaak het by die Comrades. Sterkte aan jou kinders en familie – jy het, soos altyd, vooruitgehol,” het Charles Steyn gesê.
“It is with tremendous sadness that I received the news of Rudi du Plessis’s passing. Rudi was a down-to-earth person with a wonderful sense of humour. He will be deeply missed by the running community and his family. Rudi was a close friend during our Comrades Marathon years. Rest in peace, my friend and comrade. My thoughts are with his family. Please accept my heartfelt condolences,” het Charl Mattheus in sy plasing geskryf.
Nick Bester het geskryf: “Another Comrades Marathon gold medallist gone – Rudi du Plessis passed away yesterday from a suspected heart attack. Rudi trained with me at my house in Pretoria while he was chasing a gold medal. He always ran that tough 8km race in Nelspruit in February at 17:00, in sweltering heat and humidity. That year, I finished third in 24:50, Meck Mothuli won, and Rudi beat me – he came second. I also trained with him on his father’s plot near Sappi, below Kaapsehoop. He earned his gold in 1993, the year Bruce Fordyce and I were commentating on the Comrades. The World 100km in Belgium was too close to allow us to run. I’ll never forget how surprised I was to see Rudi moving into sixth position while we were commentating – I nearly forgot his name when I had to say it live on TV.”
“Dit is hoe ek jou altyd sal onthou: altyd vriendelik, gasvry en met tyd vir ’n grappie. My lewe gaan leeg wees sonder jou. Ek, An en ou Dana gaan jou baie mis. Sê groete vir Alitaki en rus sag, my ou mater,” het De Wet Potgieter gesê.

Dana Snyman het geskryf: “Nou is jy weg, Rudi. Iewers tussen gistermiddag en vanoggend, in jou 56ste jaar. Jy het so vredig gelyk daar op jou bed – maklik Kaapsehoop se bekendste inwoner, ’n legende van die Laeveld. Dit lyk of dit ’n hartaanval kon wees. Jy was baie meer as my buurman. Jy het baie vriende gehad, hier op Kaapsehoop en van elders oor die land heen. Baie het saam met jou bergaf gery op een van die scooters wat aangedryf word deur gravitasie – jou eie onderneming. Min mense het die bergpadjies en die geskiedenis van die omgewing beter geken as jy. Flippit, ons het nog gisteroggend koffie op jou stoep gedrink, soos byna elke ander oggend. Jy, wat ’n klompie jare gelede sesde in die Comrades geëindig het teen manne soos Bruce Fordyce en Nick Bester. Ek gaan nie nou verder skryf nie, my woorde het tydelik in ’n bos herinneringe verdwaal. Ek sal binnekort ordentlik oor jou skryf. Jy, wat graag laataand Koos du Plessis-liedjies gesing het, en wanneer ’n mens jou gevra het: ‘Hoe gaan dit?’ het jy geantwoord: ‘Ritsrats.’ Daardie woord behoort in die WAT opgeneem te word. Jy het hom geskep: Ritsrats. Ons praat gou weer. Maroné, Ruan en jou ander mense treur oor jou. Ons is nog nie gereed om te sê: Rus in vrede nie.”
Begrafnis reëlings sal nog bekend gemaak word.
*Die artikel is aangepas
