Local news
Oud-Springbok besoek Laerskool Laeveld en deel lewenslesse
Jaco Kriel het sy lewensverhaal met die leerders van Laerskool Laeveld in Mbombela gedeel.
Oud-Springbok-rugbyspeler Jaco Kriel het by Laerskool Laeveld ‘n besoek afgelê en met die gr. 4-, 5- en 7-leerlinge kom gesels.
Hy het sy lewensverhaal en rugbyreis met hulle gedeel en ‘n belangrike boodskap beklemtoon: dat deursettingsvermoë, geloof en harde werk jou kan help om jou drome te bereik.

LEES OOK: Mini-Bok kry held se toks én ‘n drukkie
Die leerlinge was baie opgewonde om hom te ontmoet en het met groot aandag na sy inspirerende woorde geluister. As ‘n spesiale verrassing het Kriel ook rugbyballe aan ‘n paar gelukkige leerlinge uitgedeel – ‘n geskenk wat deur Cell C moontlik gemaak is.
*Die artikel is aangepas na publikasie
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
