RAAF-konsert in Witrivier steun minderbevoorregtes
Elke kaartjie wat verkoop is het tot 'n minderbevoorregte kind se Kersgeskenk bygedra.
‘n Intieme konsert op 6 November wat deur die musiekgroep, RAAF, aangebied is, het ‘n groepie Laevelders by die Stille Woning Gastehuis bymekaar gebring om die kinders van Feed the Need se Kerswense te bewaarheid. Die private vertoning het 45 gaste geakkommodeer en elke kaartjie wat verkoop is, dra tot ‘n minderbevoorregte kind se Kersgeskenk by.

LEES OOK: Lowveld veterans salute fallen for Remembrance Day
Die gaste het aan ‘n driegangmaaltyd gesmul en Raafontuur se wyne geproe. Die duet se versameling sluit ‘n verskeidenheid rooi- en witwyne in en is bedien terwyl die groep stories vertel en musiek gespeel het.
‘n Addisionele 10% van alle drankverkope is aan Feed the Need geskenk.

“Ons het ‘n totaal van R1 200 ekstra ingesamel, waaroor ons baie dankbaar is,” het Lucille de Villiers, ‘n vrywiller gesê.
Die liefdadigheidsorganisasie het tans 1 300 kinders na wie hulle omsien en hulle kan nou vir elkeen ‘n Kersgeskenk ter waarde van R350, koop.
LEES OOK: Janie Bay betower Laevelders
Feed the Need beplan ook om tydens die jaarlikse Kerspartytjie al die kinders die geleentheid te gee om Kersvader te ontmoet en hulle geskenke daar oop te maak.

Enigiemand wat by die organisasie betrokke wil raak, kan Cynthia Stroebel by 072 772 6317 kontak.
