Local news

Verskrikte twee weke oue aapwesie kry ’n tweede kans

Die hulp van ’n weldoener het heel moontlik die lewe van die apie gered.

Was dit nie vir die oplettendheid van ’n barmhartige samaritaan nie, sou ’n baba-apie waarskynlik gesterf het.

’n Motoris het Saterdag op die R38 tussen Badplaas (eManzana) en Barberton die karkas van ’n blouaap langs die pad opgemerk.

LEES OOK; FOTO’S EN VIDEO’S: Peuseltyd vir ratse nagapie in Marlothpark

Toe hy nader gaan kyk, het hy ’n piepklein aapmannetjie gesien wat verward en verskrik aan sy ma se liggaam vasklou.

Lize Pienaar van die DBV saam met die piepklein blouapie. > Foto’s: Verskaf
Lize Pienaar van die DBV saam met die piepklein blouapie. > Foto’s: Verskaf

Volgens Lize Pienaar van die DBV is die kleintjie na raming sowat twee weke oud. “Ons vermoed die ma is deur ’n motor getref en het langs die pad gevrek,” sê sy.

’n Motoris het Saterdag op die R38 tussen Baplaas (eManzana) en Barberton die karkas van ’n blouaap langs die pad opgemerk. Toe hy nader gaan, het hy ’n piepklein mannetjiesaap gesien wat verward en verskrik aan sy ma se liggaam vasklou.
Die blouapie is nou veilig in bekwame mense se hande.

“Gelukkig het die motoris die regte besluit geneem en die diertjie na ons toe gebring. Baie mense probeer sulke kleintjies self grootmaak, wat dikwels rampspoedig eindig.”

Die Riverside Wildlife Rehabilitation Centre (RWRC) naby Hoedspruit is onmiddellik gekontak en het enkele ure later opgedaag om die baba-apie te versorg.

RWRC spesialiseer in die rehabilitasie van primate soos ape, bobbejane en nagapies, met die doel om hulle uiteindelik weer in die natuur vry te laat.

Die klein handjie klou vas aan sy versorger se hand.
Die klein handjie klou vas aan sy versorger se hand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button