Local news

FOTO’S EN VIDEO’S: Peuseltyd vir ratse nagapie in Marlothpark

Wilna Wheater deel hierdie week beeldmateriaal van 'n ratse nagapie in Marlothpark met ons.

In vandeesweek se Wilde Woensdag saam met Wilna deel Wilna Wheater video’s en foto’s van ’n ratse nagapie (Galago moholi) wat sy onlangs in Marlothpark geneem het.

Lees ook: FOTO’S: ‘Wilde Woensdag saam met Wilna’ fokus op van haar pragfoto’s

Volgens Wheater bestaan die klein primaat se voeding uit vrugte, sprinkane, motte en spinnekoppe, en is hulle natuurlike vyande die luiperd en reuse-ooruil.

> Foto’s: Wilna Wheater

“Hulle eet ook graag boomgom. Nagapies kan tot 200 g weeg en kan 16 jaar oud word. Hulle is baie rats in bome, maar minder rats op die grond. Dié nagdiertjies met die sagte pels het ook baie goeie nagsig. ’n Persoon kan hulle nie mak maak nie, omrede hulle bedags onaktief is.”

Wheater het ’n groot bewondering vir dié diertjie.

“Hulle kom net vir my so oulik voor met hulle kenmerkende groot oë, kaal beweeglike ore, piepklein neus en mondjie.”

Sy vertel dat sy dié outjie onlangs in Marlothpark piesangs gevoer het.

“Hy was glad nie skrikkerig om dit by ons op die tafel op die stoep te kom haal nie, en my kinders het hom so geniet.”

Laevelders kan elke Woensdag na haar foto’s en video’s, wat sy in die wildtuin en Marlothpark vasgevang het, uitsien.

Die storie agter die beeldmateriaal sal ook verskyn. Hou Laevelder se blaaie dop: Facebook, YouTube, TikTok, Instagram en Twitter (X).

Lees ook: VIDEO: Krokodille verorber bok in Krokodilrivier by Marlothpark

Wil jy ook graag jou wilde wildtuinfoto’s en -video’s met ons deel? Stuur gerus ’n e-pos na bertus@lowvelder.co.za.

Foto’s en video’s: Wilna Wheater

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button