Local news

Riaan Benadé vat vas by Mustangs in Mbombela

Laevelders het Saterdagaand by Mustangs gesing en gedans saam met Riaan Benadé, Coenie Naudé en Kris Ray.

‘n Groot aantal Laevelders het Saterdagaand, 31 Januarie, by Mustangs – The Dancing Place bymekaar gekom om die bekende Riaan Benadé te sien optree.

Mishka van den Berg, Caylee Angus en Sienna Holmes.
Mishka van den Berg, Caylee Angus en Sienna Holmes.

LEES OOK: Janie Bay betower Laevelders

Gaskunstenaars Coenie Naudé en Kris Ray het die verhoog geopen en die aand se vermaak behoorlik afgeskop.
Net soos in Benadé se liedjie “Keeza”, het ligte reën geval en aanhangers nader aan mekaar laat staan vir ‘n onvergeetlike aand van sing en dans.

Henry Jr., Rene en Henry Sr. Potgieter.
Henry Jr., Rene en Henry Sr. Potgieter.

LEES OOK: Brendan Peyper-koors loop hoog onder Laeveld-dames

Die gehoor het gewilde liedjies soos “Spontaan”, “Stoom” en “Vat ‘n bietjie” uit volle bors saamgesing en selfs ‘n draai op die dansvloer gemaak. Ten spyte van ‘n bietjie natweer en min plek, het die gaste die beste van die aand gemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button