Local news

Janie Bay bring nog musiek na die Laeveld

Janie Bay het 'n jarige meisie verras tydens haar vertoning by The Blue Gate in Mbombela.

Janie Bay het Saterdag weer teruggekeer na The Blue Gate vir nog ‘n intieme vertoning saam met haar kitaarspeler, Deon Dee.

LEES OOK: Brendan Peyper hou Mbombela-skare warm

Die verhoog was eers deur die plaaslike musiekgroep, Cork and Chords, geopen wat die perfekte lusmaker vir die aand was.

Vian en Meagan Grace.

Bay het tydens die vertoning erken dat The Blue Gate haar gunsteling plek is om op te tree en het saam met haar kitaarspeler akoestiese weergawes van haar liedjies gelewer.

‘n Agt-jarige dogter se droom het waar geword toe Bay haar op die verhoog geroep het en haar gunstelingliedjie vir haar verjaardag gesing het. Die gehoor se harte het gesmelt toe hulle die opwinding op die jong gesiggie sien.

Leana en Nicola Jones.

LEES OOK: Innibos versterk jeugontwikkeling met VIBE-kunsprogram

Die aand was ‘n groot sukses en musiekliefhebbers sien reeds uit na Bay se volgende kuier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button