Local news
Van Coke en Die Gevaar laat Mbombela dreun
Francois van Coke het Laevelders op die tafel laat dans.
Francois van Coke, een van Suid-Afrika se grootste alternatiewe rocksangers, het Saterdagaand saam met sy musiekgroep, Die Gevaar, by The Blue Gate groot geraas gemaak.

LEES OOK: Brendan Peyper hou Mbombela-skare warm
Ten spyte van die nat weer het Van Coke die gehoor warm gehou met sy energie, en Laevelders selfs op tafels laat dans. Aanhangers het veral harder geskree toe Van Coke sy nuutste enkelsnit “Nagmerries (Bye Bye Baby)” gesing het. Die gehoor het luidkeels saam gesing.

LEES OOK: Innibos versterk jeugontwikkeling met VIBE-kunsprogram
Laevelders het heerlik saam gekuier en Van Coke het die gehoor verseker dat hy gou weer sal terugkeer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
