Geliefde Laerskool Laeveld-juffrou, Sarie Olivier, rus sag
Oudonderwyseres en diereliefhebber, Sarie Olivier, sterf op 78.
Oudonderwyseres van Laerskool Laeveld en geliefde Laeveld-inwoner, Sarie Olivier, is in die ouderdom van 78 oorlede.
Olivier was van 1995 tot 2016 ’n onderwyseres aan Laerskool Laeveld en het voorheen in Middelburg skoolgehou.

Jarelange vriendin, Marietjie Green, onthou Sarie as ‘n ongelooflike mens.
“Sy was ‘n wonderlike en intelligente mens en was jare lank betrokke by die Eisteddfod. Sy was baie lief vir diere en sy sou haar laaste sent vir iemand gegee het met haar ruim hart. Sy sou eerder kos vir katte koop as vir haarself,” vertel Green.
Roxy Olivier, Sarie se stiefdogter, het haar in die laaste tyd versorg.

Roxy wil graag erkenning gee aan die persone wat na aan Sarie was voor haar heengaan: “Al die ou mensies by Laeveldrus; Lorraine en Debbie van CRC Kerk; Michelle Schnepel vir haar bystand; Tannie Marietjie, Joan en Elsabe dat julle altyd gewillig was om te help; en haar kat, Tom-Tom (die straatkat wat haar gevind het) – hy was die rede dat sy so ge-fight het vir haar lewe,” sluit Olivier af.

Die Snyman-gesin het die volgende huldeblyk saamgestel:
“Liewe Sarie, met jou enorme hart was jy altyd bereid om onvoorwaardelik te gee, en dikwels meer as wat jy moes.
Jy was altyd braaf en positief, met ‘n glimlag op jou gesig.
Jy was lief vir elke kind wat deur jou hande is, en jy het ons altyd so lekker laat lag met jou cupcake-bakkies wat jy met Pritt op hulle koppe vasgeplak het.
Jy het altyd só mooi na pa Jaap gekyk, en nou is dit jou tyd om beloon te word. Rus sag,” – Clinton, Ronél en kinders.
Nicole Cicione, stiefkleindogter, sal ouma Sarie onthou as die cool juffrou waarmee sy kon spog:
“Liewe tannie Sarie. Mag tannie sag rus by liewe Jesus se voete. Ons sal tannie altyd onthou as ons bonus-ouma wat ons altyd net bederf het. Een van my gunstelling herinneringe saam met tannie was daardie week wat ek by julle gebly het in julle huis op die skoolgronde toe my ouers weg was. Ek het seker ‘n hele pak passions opgeëet terwyl julle by die werk was! Tannie was net altyd só positief en so fun! Ek was altyd so trots om by Laerskool Laeveld vir almal te vertel dat Juffrou Olivier my ouma is, die cool juffrou! Ons gaan tannie mis. Stuur groete vir oupa Japie.”
Roxy Olivier het die volgende roerende huldeblyk geskryf:
“Liefste Ma Saar,
Standing here today, I realize there are so many things I should have said while you were still with us. Some feelings are difficult to admit, but today I want to speak honestly, from my heart.
There were times when I carried jealousy inside me. There were also times when I struggled with sharing my dad, with understanding the place you held in his life and in our family. But as I grew older, I began to see something much bigger than my own emotions – your kindness, your patience, and your ability to love without forcing it.
You never tried to replace anyone. You simply showed up with warmth, care, and acceptance. You accepted me for who I am, without judgement, and that is a gift I will carry for the rest of my life.
Thank you for loving my dad so deeply. Thank you for bringing him happiness, companionship, and peace. The love you shared with him was beautiful to witness, and I know it meant the world to him.
One of the most special things you gave me was your love for animals. Through you, I learned gentleness, compassion, and how deeply animals deserve our care and protection. Every time I show kindness to an animal, I will think of you. That part of you will continue living through me.
Today, I want to release any jealousy, hurt, or unspoken feelings I carried before. They no longer matter. What matters is love. I hope you knew, even when I struggled to express it, that I truly loved you.
Thank you for the memories, the lessons, the laughter, and the love you gave our family. Thank you for allowing me to know your heart.
You will always be remembered with love.
Rest peacefully, Mom.
You will always hold a place in my heart.All my Olivier love. Roxy. Jou dogter.”
Sarie Olivier se troosdiens vind op Dinsdag, 19 Mei, om 10:30 in die kapel by die Nelspruit-begraafplaas plaas.

Sarie Olivier se troosdiens vind op Dinsdag, 19 Mei, plaas.
