Local news

Geliefde worshond kry nog ’n kans ná slangbyt

Ben die worshond het vinnig herstel nadat hy twee keer deur ’n pofadder op Alkmaar gebyt is.

Ben, ‘n worshond van Alkmaar, is op 5 Mei twee keer deur ‘n pofadder gebyt. Hy het wonderbaarlik oorleef, danksy dr. André Burger.

Die voorval het omstreeks 14:00 plaasgevind. Ben se eienaar, Trish Stevenson, het bloed in hulle plaashuis gewaar. Sy het onraad vermoed en op Ben afgekom waar hy op die bed gelê het.

ALSO READ: Mbombela community steps up to find little girl’s missing wallet

“Ek het gesien dat Ben se nek bloei en het oorspronklik gedink dat hy moontlik in ‘n onderonsie met ‘n likkewaan betrokke was, aangesien hulle volop op die plaas is,” sê sy.

Stevenson het saam met gesinsvriende vir Ben na Central Vets toe gevat, waar Burger vermoed het dat ‘n pofadder die worsie beetgekry het. Hy is dadelik teengif toegedien en in die hospitaal opgeneem.

Ben se nek was geswel na die pofadder aanval.
Ben se nek was geswel na die pofadder aanval.

“Dit is vir my vreemd dat daar ‘n pofadder op die plaas was. Ek het omtrent vyf dekades laas een op die plaas gesien,” sê Stevenson.

Die pofadder is nogsteeds nie opgespoor nie. Sy is wel baie dankbaar dat Ben se worshond-sibbes veilig is. Ben het vinnig sy kragte herwin en is vreeslik bederf in die hospitaal. Hy is ten minste een keer per dag hoender gevoer. Hy is Saterdag 9 Mei ontslaan.

ALSO READ: Heroic rescue saves dog from Crocodile River

‘n Anonieme skenker het R2 000 van sy rekening betaal.

“Alhoewel ons nie weet wie die skenking gemaak het nie, is ons ongelooflik dankbaar daarvoor en hoop om persoonlik dankie te kan sê indien die persoon bereid is om hul identiteit bekend te maak,” sê Stevenson.

Ben as ’n baba hondjie. >Foto: Verskaf/Trish Stevenson
Ben as ’n baba hondjie. >Foto: Verskaf/Trish Stevenson

Sy is ‘n staatmaker in die Alkmaar-gemeenskap en is bekend vir haar worshonde.

Burger waarsku troeteldiereienaars om hulle diere dadelik veearts toe te neem indien hulle vermoed dat die diere deur ‘n slang gebyt is.

“Dit is uiters belangrik dat die dier dadelik hulp kry en dat ons die slang kan identifiseer om teengif toe te dien. Alle diere reageer anders en dit maak ‘n groot verskil as ons weet waarmee ons te doen het,” sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Zane Botes

Zané joined the Lowvelder editorial team in 2026, bringing with her an Honours degree in Journalism and Media Studies from NWU. She covers community and sports news, with broader interests in crime and politics. Zané’s career is driven by a simple conviction: journalism exists to give people a voice, and that begins in your own community.
Back to top button