Local news

Jan Blohm bring nuwe lig na die Laeveld

Blohm het met musiek van sy nuwe album Tot Daar Waar Die Lig Is, sy getuienis gedeel.

Ná ‘n tydelike wegbreek van die verhoog het Jan Blohm na die Laeveld teruggekeer met ‘n nuwe haarstyl, nuwe musiek en ‘n ingrypende getuienis.

LEES OOK: Riaan Benadé vat vas by Mustangs in Mbombela

Die bekende rocksanger het weer eens by The Pub opgetree en tydens sy vertoning openlik oor sy lewe gepraat, asook hoe hy ná baie jare tot bekering gekom het.

Troubelene Diedericks, Brenda Schmulian, Susan Joubert, Celia Smit, en Grietjie van Zyl.

Sy nuwe album, Tot Daar Waar Die Lig Is, loop hand aan hand met sy getuienis en vertel van die lig wat hy aan die einde van ‘n donker tonnel van drank- en dwelmverslawing ontdek het.

LEES OOK: Janie Bay betower Laevelders

“Hierdie album is vir almal wat nog glo in stories, waarheid, verlange en lig,” het Blohm gesê.

Benli Wilkinson, Edean Prinsloo en Gean Fraser.

Met nuwe liedjies, sowel as gunstelinge soos “Groen Trui”, “Johnny Het Die Blues” en “Word Wakker”, het hy sy lewensreis met die gehoor gedeel. Sy verhaal wys dat hy, ten spyte van vele struikelblokke, telkens weer opgestaan het en nou as ‘n baken van hoop en nuwe lig optree.

Rudi en Karla Joubert.

Benewens sy vertoning het hy ook sy kunswerke en nuwe CD’s uitgestal. Laevelders is opgewonde oor Blohm se terugkeer en deel graag in die nuwe lig wat hy uitstraal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button