Irene Louise Van Wyk loop Innibos mis weens gesonheid
Irene Louise van Wyk het Vrydag aangekondig dat sy nie haar beplande optrede by die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees sal kan meemaak nie.
In ’n emosionele boodskap aan haar ondersteuners vertel sy hoe sy Vrydag vroegoggend koue rillings gekry het wat ure lank aangehou het. Binne ’n dag het sy ’n donker, droë hoes ontwikkel en later begin opgooi – ‘n teken dat sy dringend mediese hulp moes soek.
By die hospitaal het dokters bevestig dat haar infeksie telling gevaarlik hoog is: waar ’n normale telling 3 behoort te wees, was hare glo 221. Sy is onmiddellik opgeneem en haar chirurg het duidelik gemaak dat sy onder geen omstandighede mag reis of optree nie.
“Die kans dat ek daai song eers gaan klaar maak is klein,” het haar dokter gewaarsku.
Irene sê sy het hard baklei om steeds Innibos te doen, selfs al was dit net een liedjie, maar haar gesondheid laat dit eenvoudig nie toe nie. Sy sal vir minstens vyf dae in die hospitaal moet bly terwyl verdere toetse gedoen word om die bron van die infeksie te vind.
Sy het haar jammerte uitgespreek teenoor haar aanhangers en die feesorganiseerders:
“Ek is so jammer dat ek julle nie gaan sien nie. Hierdie goed is buite my beheer. Dankie Innibos dat julle my gebook het – ek hoop ek kry weer die geleentheid om op te maak vir die.”
