Local newsSchool sport

NHS lewer kragvertoning teen HTS Middelburg

Nellies se rugbyspanne skitter teen HTS Middelburg in die Virseker Noordvaalbeker.

Hoërskool Nelspruit het Saterdag, 8 Augustus, in die Plaatafdeling van die Virseker Noordvaalbeker geseëvier toe hulle teen Hoër Tegniese Skool Middelburg te staan gekom het.

Nellies het sewe uit nege wedstryde gewen en twee gelykop gespeel. Hul o. 16-span het met ‘n telling van 52-0 geëindig en die Rhinos met 20-12, na ‘n spanningsvolle tweede helfte.

ALSO READ: NHS leerder verteenwoordig SA in België

Die Rhinos. >Foto: Zané Botes
Die Rhinos. >Foto: Zané Botes

Ten spyte van talle beserings, het die spelers hul deursettingsvermoë gewys en die dag met ‘n hoogtepunt afgesluit.

“Ons is baie tevrede om die meerderheid wedstryde teen HTS Middelburg te wen en niks te verloor nie. Dit is die eerste keer in 20 jaar dat NHS nie ‘n wedstryd verloor tydens ‘n kragmeting teen HTS nie,” sê MJ Mentz, NHS se rugbyhoof.

Volgens Mentz was daar veral spelers wat uitgestaan het. Kamo Monkwe (eerste span) was gevaarlik op die aanval en het verdedigers behoorlik aan die raai gehou. Luan de Klerk (o. 16) het ‘n uitsonderlike drie gedruk en verskeie breekslae uitgevoer.

ALSO READ: Laevelders skitter in Nelspruit Eistedfodd

Christiaan Botha. >Foto: Zané Botes

Hulle is tans as skool eerste op die promosie relegasie punte leer. NHS se uitstekende spel het vir hulle hul posisie verwerf in die Plaatafdeling se semi-finaal waartoe die eerste span, o. 16A- en o. 15A-spanne deurdring en hulle onderskeidelik Hoërskool Kempton Park, Transvalia en Wesvalia gaan teen staan.

ALSO READ: 3 athletes represent Lowveld with pride at Glasgow Commonwealth Games

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Zane Botes

Zané joined the Lowvelder editorial team in 2026, bringing with her an Honours degree in Journalism and Media Studies from NWU. She covers community and sports news, with broader interests in crime and politics. Zané’s career is driven by a simple conviction: journalism exists to give people a voice, and that begins in your own community.
Back to top button