AdvertorialLocal news

Kenners: “Dubbelmediumonderrig bou brûe”

Hoërskool Bergvlam speel ’n waardevolle rol in dubbelmediumonderrig.

“Dubbelmediumonderrig help om brûe te bou tussen moedertaalonderrig en die taal wat wêreldwyd as die besigheidstaal beskou word: Engels.”

So sê prof. Michael le Cordeur, emeritus-professor in opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Prof. Kobus Maree, kenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria se departement van opvoedkundige sielkunde, beaam Le Cordeur se standpunt: “Dit kan ’n brug bou tussen moedertaalonderrig en die breër akademiese wêreld. Daar is nie meer baie geleenthede waar daar net Afrikaans in die akademie gebruik word nie.”

Dit is waar Hoërskool Bergvlam so ’n waardevolle rol speel, sê Deon Visser, Bergvlam se hoof, wat self 38 jaar se ondervinding in die onderwys het.

“Baie van ons vakke – die meerderheid – word tweetalig aangebied. Die juffrou en die meneer praat Afrikaans en Engels. Dit is dubbelmedium. Die voordeel daarvan is dat leerders ’n verduideliking in albei tale kry en dus ’n breër begrip van ’n konsep het,” sê Visser.

Volgens hom is dit voordelig vir Afrikaanse kinders omdat hulle blootgestel word aan Engels “en baie van die wêreld daarbuite is Engels. Dit is weer voordelig vir die Engelse kinders omdat daar ook nog baie besigheid in Afrikaans gedoen word.”

Le Cordeur en Maree sê ook daar is beslis voordele aan dubbelmediumonderrig.

“Met dubbelmediumskole, vind sosiale integrasie in die klaskamer self plaas. Dit lei tot geweldige sosiale en kulturele ontwikkeling,” sê Le Cordeur.

Hy meen dit is ook uiters voordelig as iemand na skool oorsee wil gaan werk of studeer. “Jy het al die kennis opgedoen danksy die feit dat jy in Afrikaans skoolgegaan het, maar omdat jy nou ook Engels magtig is, kan jy die kennis saam met jou neem as jy oorsee gaan studeer of werk,” sê Le Cordeur.

Volgens Maree kan dubbelmediumonderrig die oorgang na enige universiteit, ook plaaslik, geweldig vergemaklik.

“Wat my betref, hou dubbelmediumonderrig slegs voordele in,” sê Maree.

Wat is die verskil tussen parallel- en dubbelmediumonderrig?

Met dubbelmediumonderrig word daar tydens ’n les twee tale in een klas gepraat.

Wat parallelmediumonderrig betref, word Afrikaanse leerders in een klas onderrrig en Engelse leerders in ’n ander klas – die lesse loop dus parallel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button