Local newsUpdate

Kremetartbome kry nuwe huis

Die bome is in Julie by 'n uitvoerdepot naby die Durbanse hawe ontdek.

Die eerste van die majestueuse kremetartbome wat gered is voor dit landuit geneem is, is Donderdagaand in die Timbavati-reservaat staangemaak.

Dr. Sarah Venter, ‘n bekende ekoloog en stigter van die Kremetartstigting, het Donderdagaand aan Laevelder gesê die eerste boomplantery het soos ‘n droom afgeloop.

LEES OOK: Five rescued baobabs travel to Timbavati reserve

Sy sê die verwagting is dat al vyf bome, wat tussen 200 en 300 jaar oud is, teen Saterdag geplant sal wees.

Die redding van die bome het wye reaksie ontlok nadat dit gedurende Julie by ‘n uitvoerdepot naby die Durbanse hawe ontdek is.
‘n Ondersoek deur die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DFFE), het bevind die bome is vroeër in die Lephalale- munisipale gebied in die Waterbergstreek geoes.

Die bome, wat elk tussen 15 en 30 ton weeg, is blykbaar aangekoop deur die 70-jarige miljardêr en voormalige Georgiaanse eerste minister, Bidzina Ivanishvili.

‘n Bron naby aan die ondersoek het bevestig dat die bome na die Swartseekus in Georgië op pad was.

Die vyf eeue oue kremetartbome is gekonfiskeer terwyl dit by ‘n uitvoerder, Africa Global Logistics, se perseel in Mobeni in Durban gelê het.

Die bome het vir bykans drie maande daar gelê omdat DFFE gesê het die uitvoerder,  Corné Maré van Divine Landscapes in Pretoria, het nie die wettige dokumentasie voorgelê nie.

Die bome is in vyf abnormale vragmotors van Durban na Hoedspruit vervoer.

Venter sê daar is bevind die een boom het houtvrot gehad.

Sy het die besmette stukke  in Durban verwyder en dit met kalkswael-spuitmiddel, wat ‘n swamdodende en antibakteriese middel is, behandel.Maré het Woensdag bevestig dat strafregtelike klagte teen Maré ingedien is en dat hy reeds in die hof in Durban verskyn het.Die saak is tot 15 Januarie 2027 uitgestel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button