Schools

Hoërskool Nelspruit se graadtwaalfs sluit hoërskoolloopbaan af

Die jaarlikse Vinculum-tradisie is altyd ’n gepaste manier vir die matrieks om hul hoërskoolloopbaan af te sluit.

2024 se matrieks het onlangs een van Hoërskool Nelspruit se tradisies voortgesit deur slotte aan die Vinculum-struktuur te sluit.

Hierdie simboliese gebruik het oor die jare heen ‘n waardevolle manier geword waarop hierdie matrieks hul verbintenis aan NHS en hul skoolloopbaan kan verewig.

Die jaar se duxleerders, Schalk Grobbelaar en Zoe Scheepers, het ook ‘n USB-stafie met herinneringe en foto’s van hul matriekjaar in die 2024-tydkapsule geplaas. Hierdie kapsule sal vir ‘n dekade verseël bly, waarna dit tydens hul 10-jaar reünie weer oopgemaak sal word.

Zoë Scheepers en Schalk Grobbelaar. > Foto’s: Hennie Homann Fotografie

Elke matrikulant het ‘n slot aan die 2024 Vinculum-ketting gesluit, wat die afsluiting van hul kinderjare en die simboliese verbintenis aan Hoërskool Nelspruit, hul geliefde alma mater, uitbeeld.

Met hierdie tradisie betuig die matrieks van 2024 hul liefde vir NHS en verseker hulle dat hul stories altyd deel van die skool se ryk geskiedenis sal bly.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button