TA017168
KENNISGEWING VAN GRONDONTWIK-
KELINGSAANSOEK INGEVOLGE DIE MBOMBELA VERORDENING OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIK-
BESTUUR
Ons, Mabuyi Development Planners, het `n grondontwik-
kelingsaansoek (AM/26/00427 & SD/26/00011) ingedien ingevolge Artikel 63 saamgelees met Hoofstuk 6 van die Stad Mbombela Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2019, vir die onderverdeling van gedeelte 4 van die plaas Germaans Goeie Hoop 291-JT. Die onderverdeelde gedeelte is ongeveer 10 878.76 vkm groot. Die aansoek word ook ingedien ingevolge Artikel 58 saamgelees met Hoofstuk 6 van die Stad Mbombela Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2019 vir die hersonering van die nuut onderverdeelde gedeelte van gedeelte 4 van die plaas Germaans Goeie Hoop 291-JT, vanaf `Besigheid` na `Besigheid`, ten einde voorsiening te maak vir `n verversingsplek vir `n restaurant.
Die eiendom waarop die aansoek van toepassing is, is gele te H/V Penrynweg, Kingfisher Crescent & Drum Rock, 1200 met die volgende GPS- kordinate: -25.40692918133554, 30.977441204245096. `n Afskrif van die aansoek en ondersteunende dokumentasie is beskikbaar vir insae gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruikbestuur, Kantoor 205, Burgersentrum, Nelstraat 1, Mbombela, 1201, wat gekontak kan word by die volgende kontaknommer:
013- 759-2185.
Skriftelike kommentaar of besware, tesame met redes daarvoor, ten opsigte van die aansoek moet ingedien word in die voorgeskrewe formaat by die Munisipale Bestuurder, Posbus 45, Mbombela, 1200; of afgelewer word by die Registrasie-afdeling van Rekords, 1ste Vloer, Burgersentrum, Nelstraat 1, Mbombela; of gefaks word na 013-759-2070; of per e-pos gestuur word na registry@mbombela.gov.za teen nie later nie as 6 Julie 2026.
Die formaat vir kommentaar of besware is beskikbaar by die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruikbestuur by bogenoemde adres of op die munisipaliteit se webwerf
(www.mbombela.gov.za).
Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie, kan gedurende kantoorure enige personeellid van die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruikbestuur raadpleeg, en bystand sal verleen word om daardie persoon se beswaar of kommentaar te transkribeer.
Aansoeker se Kontakbesonderhede:
Naam: Mabuyi Development Planners
Fisiese Adres: 10 Elandskuil Close, The Rest Nature Estate, Nelspruit
Telefoonnommer: 083-527-0673
E-posadres: info@mabuyi.co.za
Reference Number: TA017168