TA017170

KENNISGEWING VAN GRONDONTWIK-

KELINGSAANSOEK INGEVOLGE DIE MBOMBELA VERORDENING OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGE-

BRUIKBESTUUR

Ons, Mabuyi Development Planners, het `n grondontwik-

kelingsaansoek (AM/26/00429 & SD/26/00013) ingedien ingevolge Artikel 63 saamgelees met Hoofstuk 6 van die Stad Mbombela Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2019, vir die onderverdeling van die Restant van die Plaas M`timba 20-JU; en ingevolge Artikel 58 saamgelees met Hoofstuk 6 van die Stad Mbombela Verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2019, vir die hersonering van die nuut onderverdeelde gedeelte van die Restant van die Plaas M`timba 20-JU, vanaf “Landbou” na “Regeringsgebruik” vir die doel van `n Brandweerstasie. Die voorgestelde onderverdeling/afbakening is

ongeveer 2 922 vkm.

Die betrokke eiendom is naby Khombindlela Primre Skool en Dayizenza Plaza gele, by die volgende GPS- kordinate: 2508`41.4″S 3107`37.2″E.

`n Afskrif van die aansoek en ondersteunende dokumentasie is beskikbaar vir insae gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruikbestuur, Kantoor 205, Burgersentrum, Nelstraat 1, Mbombela, 1201, wat gekontak kan word by die volgende telefoonnommer: 013-759-2185.

Skriftelike kommentaar of besware, tesame met redes daarvoor, ten opsigte van die aansoek moet in die voorgeskrewe formaat ingedien word by die Munisipale Bestuurder, Posbus 45, Mbombela, 1200; of afgelewer word by die Registrasie-afdeling van Rekords, 1ste Vloer, Burgersentrum, Nelstraat 1, Mbombela; of gefaks word na 013-759-2070; of per e-pos gestuur word na: registry@mbombela.gov.za nie later nie as 6 Julie 2026.

Die formaat vir kommentaar of besware is beskikbaar by die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruikbestuur by bogenoemde adres of op die munisipaliteit se webwerf

(www.mbombela.gov.za).

Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie, kan gedurende kantoorure enige personeellid van die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruikbestuur raadpleeg, en hulp sal verleen word om daardie persoon se beswaar of kommentaar op skrif te stel.

Aansoeker se Kontakbesonderhede:

Naam: Mabuyi Development Planners

Fisiese Adres: 10 Elandskuil Close, The Rest Nature Estate, Nelspruit

Telefoonnommer: 083-527-0673

E-posadres: info@mabuyi.co.za

Reference Number: TA017170

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button