TA017488
KENNISGEWING VAN GROND ONTWIKKELINGSAANSOEK INGEVOLGE DIE THABA CHWEU BY-WET OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGE-
BRUIKSBESTUUR, 2016
Ons, Eliakim Development Projects, verteenwoordig deur Me Heila Meintjes, het namens die geregistreerde grondeienaar van Gedeelte 39 (Gedeelte van Gedeelte 18) van die plaas Tevrede 178 JT, gele` op die R 536 tussen Sabie en Hazyview, ongeveer 2,6 km wes van Induna Adventures, `n grond ontwikkelingsaansoek ingedien ingevolge Artikel 80 van die Thaba Chweu By-Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur, 2016, onder Thaba Chweu le`r no
SC/245, vir die spesiale toestemming.
Die oogmerk van die aansoek is om die eiendom te gebruik vir landbou doeleindes sowel as die oprig van 5 self-sorg eenhede en `n restaurant.
Afskrifte van die aansoek en ondersteunende dokumentasie is verkrygbaar gedurende normale kantoor ure by die kantoor van die Munisipale Bestuurder of die Stadsbeplanner, Burgersentrum, Sentraalstraat 3, Lydenburg, of by die volgende kontak nommers: 013-235 -7300 / 7388 of epos addres Peggy.Mphethi@TCLM.GOV.ZA.
Geskrewe kommentare of besware, tesame met die redes daarvoor moet ingedien word in die voorgeskrewe formaat by: Die Munisipale Bestuurder, Posbus 61, Lydenburg, 1120, of by die Stadsbeplanningsafdeling, 1 Ste Verdieping, Burgersentrum, Sentraalstraat 3, Lydenburg; of gefaks word na 013-235-2096 of e-pos aan: Peggy.Mphethi@TCLM.GOV.ZA nie later as
5 Oktober 2026.
Die formaat vir die kommentaar en/of besware is beskikbaar en kan verkry word by die kantoor van die Stadsbeplannings Afdeling, by die bogemelde addresse.
Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie mag enige personeellid van die kantoor van die Stadsbeplannings Afdeling, gedurende kantoor ure raadpleeg en bystand sal aan sodanige persoon verleen word om beswaar of kommentaar saam te stel.
Kontak besonderhede van Agent:
Eliakim Development Projects, Posbus 12271, Nelspruit.
Tel: 082-871-1990,
Faks: 086-675-7426
en E-pos: heila@eliakim.co.za,
Verwysings No 26/08/Correia/SC.
Reference Number: TA017488