Opinion

Just wanna say

Meer dikwels as nie, is die mens besig om homself te pootjie en wanneer hy dan plat op sy gesig val, wil hy vingers na al wat leef en beef wys. Dan is dit as gevolg van hierdie óf daardie een wat jy daar in die stof lê. Ek sien dit dikwels, en tot my …

Meer dikwels as nie, is die mens besig om homself te pootjie en wanneer hy dan plat op sy gesig val, wil hy vingers na al wat leef en beef wys.

Dan is dit as gevolg van hierdie óf daardie een wat jy daar in die stof lê. Ek sien dit dikwels, en tot my bittere spyt het ek myself al daaraan skuldig gemaak, maar hulle sê mos dis nie hoe jy val en hopelik hoe dikwels nie, maar hoe jy opstaan wat saakmaak. Soms is so ‘n gepootjie en gevallery nodig, want dit is die plek waar mens besef: tot hier toe en nie verder nie.

Op daai stukkie aarde waarop jy neerplof, moet jy deeglik ondersoek instel, want daar voor jou in die sand, sal die boodskap van wat jou te doen staan, duidelik geskryf wees. Die val is baie keer nodig sodat jy nader aan daardie woorde waar jou oplossings en ja, bevryding lê, kan kom. Moet net nie te lank daar lê en lees nie, want dan begin jy twyfel aan die boodskap.

Mag hierdie ‘n week wees waarin almal van ons vlug van begrip kan wees wanneer ons die skrif lees nadat ons onsself gepootjie het. Mag elke ene opstaan, nie met berou nie, maar met dankbaarheid vir die kennis wat ons opgedoen het en die vaste wete dat al val ons wel in die toekoms op ‘n ander plek, sal ons daardie stukkie grond vermy.

Mooi week vir almal.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button