Opinion

Just wanna say – September 14

BARBERTON – Hoe moeilik is dit om ‘n vaardigheid te bemeester? ‘n Vaardigheid, boonop, wat geen vreemdheid behoort te wees nie, aangesien jy dit sekerlik gehad het toe jy gekwalifiseer het vir ‘n lisensie? So gaan dit dag in en dag uit in Crown Straat. Die feit dat hierdie straat in Barberton mens engtevrees gee …

BARBERTON – Hoe moeilik is dit om ‘n vaardigheid te bemeester? ‘n Vaardigheid, boonop, wat geen vreemdheid behoort te wees nie, aangesien jy dit sekerlik gehad het toe jy gekwalifiseer het vir ‘n lisensie?

So gaan dit dag in en dag uit in Crown Straat. Die feit dat hierdie straat in Barberton mens engtevrees gee wanneer jy die eerste maal daarmee kennis maak, is sekerlik heel verstaanbaar. Ek onthou hoe ek dit ervaar het toe ek die eerste maal hier aangeland het. Die Bolandse se strate is so breed soos riviere en ‘n trok kan lag-lag omdraai in een manoeuvre. In Crown Straat word parkering vermoeilik deur die pilare aan die een kant van die straat en boonop is die parkerings nie vreeslik groot nie, maar soos met alles in die lewe bemeester mens dit met die tyd. Ongeag dit alles, moet ‘n mens darem ander in ag neem.

Daar is mense wat geen konsiderasie het vir ander bestuurders nie en heel jollie-patrollie parkeer net soos en hoe hulle wil.

Die frustrasie wanneer mens soms parkering soek bereik ‘n hoogtepunt, want soms, wanneer jy by die enigste beskikbare parkeerplek uitkom, kan jy met die beste wil ter wêreld nie daar in nie. Dit alles as gevolg van die manier waarop die voertuig voor of agter die beskikbare ruimte geparkeer is.
In sommige gevalle is dit nie altyd die persoon se skuld nie – hy was heel moontlik ook die slagoffer van iemand wat op sy beurt swak parkeer het. So het die hele gedoente ‘n sneeubal effek.

‘n Rits van die voertuie parkeer nie slegs bo-oor hul strepe nie, maar ook ‘n meter of wat van die sypaadjie af in die straat waar ‘n stroom voertuie moet beweeg. Wanneer ‘n voertuig in die alreeds noue straatjie daar wil verby, en ‘n ander kom van voor af, moet een stilhou en wag. Jy het geen keuse as om oor te beweeg in die baan van die aankomende verkeer nie.

Spandeer een minuut in Crown Straat ‘and I bet you London to a brick’, soos die oud-Engelse spreekwoord lui, dat jy sommer vinnig ‘n hele paar sulke voertuie sal sien, sonder om speurwerk te doen.

Mense, asseblief – neem ander mense in ag wanneer julle in Crown Straat moet parkeer. Indien daar dan nou wel slegs een spasie oop is, en jy sien jou voertuig sal om die dood toe nie daar in nie, gaan parkeer eerder om die hoek en stap waar jy wil wees. Ek doen dit weekliks met my bakkie.
‘n Klein bietjie konsiderasie kan die lewe vir almal vergemaklik. Probeer dit gerus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button