Jan de Beer skryf
Jan de Beer skryf: Graag wil ons as die onmiddellike familie en ook die De Beer-familie in sy totaliteit, die volgende persone en instansies vir hulle bystand tydens die ontdekking van die moord op Gert de Beer bedank. J&M Sekuriteit vir hulle jare lange verhouding met my oom Gert en hulle flinke optrede tydens die …

Jan de Beer skryf:
Graag wil ons as die onmiddellike familie en ook die De Beer-familie in sy totaliteit, die volgende persone en instansies vir hulle bystand tydens die ontdekking van die moord op Gert de Beer bedank.
J&M Sekuriteit vir hulle jare lange verhouding met my oom Gert en hulle flinke optrede tydens die voorval. Oom Gert se stem gaan nou stil wees in julle beheerkamer. Die SAPD van Witrivier en die forensiese spanne vir hulle flinke en professionele hantering van die voorval. Die personeel van ER24 wat tannie Lina behandel het en na die hospitaal afgevoer het. Oom Luis Corria – 'n jare lange vriend – vir sy onbaatsugtige bystand. Die personeel van Mediclinic Nelspruit en al die dokters betrokke.
In besonder, Hester by Absa Witrivier, al die personeel van Laeveld en Mopani Apteek in Witrivier en Martains Begrafnisdienste vir hulle hulp. Die Gereformeerde Kerk van Witrivier en ds. Pieter van der Walt wat die diens waargeneem het en die instansie betrokke by die pragtige blomme.
Henk en Retha de Beer en Ditta vir hulle hulp en gasvryheid en ook in die besonder Henk vir die pragtige gedig wat hy geskryf en aan oom Gert opgedra het.
Aan almal wat die diens bygewoon het en ook almal vir die honderde oproepe en selfoonboodskappe wat ontvang is. Dankie vir die verskil wat julle in sy lewe gemaak het en ook vir die verskil wat hy in julle lewens kon maak.
Radio Laeveld, in die besonder Roelf van Jaarsveldt, wat my die geleentheid gegee het om tydens 'n lewendige uitsending saam met ons eertydse predikant,
ds. Francois Lessing, 'n huldeblyk te doen.
Laevelder vir hulle korrekte beriggewing en bystand. Boet Jan en sy seuns Janus en Inus van onderskeidelik Belladonna- en Plaston-slaghuise vir hulle bydrae. Die bedankings is nie in 'n spesifieke orde geplaas nie en is daar geen opset indien 'n persoon of instansie uitgelaat is nie.
Laastens bedank ons die Skepper vir sy krag en genade.
