BlogsOpinion

VEK Kruisgenerasie – Barberton kom ons draai terug na God

Gee oor in lof en aanbidding: Satan weet musiek is ‘n magtige instrument in God se hand en daarom wil hy ons weerhou van oorgawe tydens lof en aanbidding! Moenie dat Engels of Afrikaans, hoeveel keer die lied gesing word of hoe die klank klink jou fokus van God afhaal nie! Lof en aanbidding volg spontaan op ‘n ingesteldheid van dankbaarheid, afhanklikheid en liefde vir God!

Omtrent die VEK Kruisgenerasie Barberton:

Visie (wat wil ons bereik met alles wat ons doen?)
•      Siele vir Jesus!
•    Ons visie was nog altyd die groot opdrag in Matteus 28:19 waar Jesus Sy dissipels groet met die volgende woorde:
•     “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense My dissipels:
•    doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees,
•    en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het”
•    God het vir ons ‘n baie praktiese 5-puntplan gegee tydens 3 dae se vas en gebed oor hoe ons dit moet doen! Ons het gevra vir ‘n vars visie en ook ‘n plan daarmee saam!
•    Ons kan egter noem dat Siele geen ras, kleur, geslag of kultuur het nie,
•    siele sluit dan al die nasies in!
•    Jesus het ons duidelik beveel om NA AL DIE NASIES toe te gaan en dit is wat ons gaan doen!
•    Met die 5 punt plan, hoef jy nie noodwendig al 11 landstale te kan praat nie, jy hoef nie noodwendig ‘n graad in Teologie te hê nie, jy hoef nie eers goed voor mense te kan praat nie, al wat jy moet kan doen is om te strewe om soos Jesus te wees!

Onthou:
•    ‘n visie is iets waarop jy jou oë het…met ander woorde: elke tree wat jy gee, gee jy met die einddoel in sig! ‘n Mens loop waar jy kyk, so pas dus op waar jy kyk!
•    Alles wat ons dus in hierdie gemeente aanpak, aanbied of aandurf moet gerig wees op
•    Siele vir Jesus!

Missie   (die pad/roete na ons visie)
•    ‘n Baie eenvoudige 5 punt plan waarmee jy siele kan wen!
Spreuke 11:30  “Die vrug van die regverdige is ‘n boom van die lewe, en hy wat siele win is wys.”
1.    S—Sterwe en strewe om te wees soos Jesus
Lukas 9:23  En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom,  moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.
2.    I—Intimiteit met God
Jakobus 4:8  “Nader tot God,  en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande….en suiwer die harte…”
3.    E—Evangelisasie
Matteus 28:19  “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”
4.    L—Leef liefde
1 Johannes 4:12  “Niemand het God ooit aanskou nie.
As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het Sy liefde in ons volmaak geword.”
5.    E—Eer egtheid
“sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld.”

Spesiale boodskap

“Mission Possible”
Intimiteit met God
Jakobus 4:8  “Nader tot God,”
Ek moet die eerste tree gee, voordat God tot my sal nader!
Hoe kom ek nader? Intiemityd met God…
Spandeer soveel as moontlik TYD met God! Daar is verskillende maniere hoe jy tot God nader:
Gebed: Gebed is ‘n ingesteldheid op God en Sy wil, tydens gebed ontbloot jy jou hart voor God en laat jy die Heilige Gees toe om inspraak in jou gees te maak. Gebed is ‘n leefwyse en nie ‘n rits lang woorde nie! Daar is ‘n geestelike oorlog rondom ons aan die gang en wanneer ons bid stuur ons as’t ware “versterkings” in na God se engele wat dan tot deurbrake in die gees lei!
Jou hele lewe  moet‘n bede voor God wees!
Die Woord van God is duidelik daaroor dat ons GEDURIG moet bid!

Groei in Sy Woord: God se Woord is God aan die Woord! Leer daarin hoe God oor jou voel en dink, lees wat Hy vir jou instoor het, vat Sy beloftes aan jou en maak dit jou eie, staan op Sy Woord wanneer die storms jou lewe bedreig! Die Woord van God is jou swaard in die geestelike oorlog rondom jou!
Wees paraat en ken jou swaard!

Gee oor in lof en aanbidding: Satan weet musiek is ‘n magtige instrument in God se hand en daarom wil  hy ons weerhou van oorgawe tydens lof en aanbidding! Moenie dat Engels of Afrikaans, hoeveel keer die lied gesing word of hoe die klank klink jou fokus van God afhaal nie! Lof en aanbidding volg spontaan op ‘n ingesteldheid van dankbaarheid, afhanklikheid en liefde vir God!

Gelowiges: Omring jouself met positiewe, geesvervulde vriende! Praat oor wat God vir jou doen en beteken – getuienisse stig ons geloof!

“—-en Hy sal tot julle nader. ”
Reinig die hande….en suiwer die harte…” Tyd saam met God is altyd reinigend en suiwerend!

Barberton kom ons draai terug na God!!!!
Kom ons dien Hom vir wie Hy is!!!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button