Opinion

Ja-Mine Kruis skryf

Ja-Mine Kruis skryf: Die gesegde “moenie die dam onder die eend uitruk nie” spring in my kop in. Ek wil myself nie meer ‘n Christen noem nie, want ek skaam my dood vir ons gedrag. Ons is altyd eerste om vinger te wys, eerste om te oordeel en eerste om te sê iemand of iets …

Ja-Mine Kruis skryf:

Die gesegde “moenie die dam onder die eend uitruk nie” spring in my kop in.

Ek wil myself nie meer ‘n Christen noem nie, want ek skaam my dood vir ons gedrag. Ons is altyd eerste om vinger te wys, eerste om te oordeel en eerste om te sê iemand of iets is duiwels en meeste van die tyd ruk ons als uit konteks. As ek ‘n paar voorbeelde mag noem: Met Lady Gaga het die internet-gegons oor hoe satanisties sy is en nogal die “bruid van Satan”. Daar is ook genoem dat Gaga ‘n demoonnaam is en dit is bog!

Queen het gesing “All we hear is radio gaga…” en daar ontstaan Lady Gaga se naam. Vir my is sy bietjie “wakadoodle” en ek is mal oor haar individualiteit. Sy het tsunami-slagoffers gehelp deur fondsinsamelings, sy het teen “bullying” geveg deur rond te toer daaroor te praat. Sy het ‘n vleisrok gedra (wat ons ons monde mee stop elke dag) om ‘n boodskap oor te dra wat lui “jy sal nie vleis dra nie, hoekom dra jy pelse?”

Maar kom ons Christene sonder foute tel ‘n klip op en stenig haar. Nou is die onderstebo vredesteken sommer ‘n gebroke kruis. Hy is net gebreek as jy hom so sien. Dieselfde met Monster wat toe nou sommer ‘n satanistiese teken is. Weereens heeltemal uit verband geruk.

Die Hebreeuse teken lyk nie eers soos die Monsterteken nie. Daai teken kan 6 of 9 wees. Monster is ‘n monster wat met sy naels ‘n blik geprik het. Maar kom ons Christene tel ‘n klip op. Ons wat so volmaak en sonder foute is, kom ons gooi die eerste klip. Ek as ‘n gelowige in God sal nie oordeel nie en nie ‘n vinger wys na elke liewe ding wat ek nie verstaan nie deur te sê dit is satanisties nie. Ek dink ek sal die goeie in alles soek en God ook, nie die duiwel nie.

• Ja-Mine se brief is geskryf in reaksie op Alma Sinden se brief wat verlede week in Steelburger/Lydenburg News geplaas is rakende die voorbladfoto waar Snotkop met ‘n vredesteken op sy hemp tydens die Rooikatfees opgetree het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button