Nuwe kampioene vir presidentsbeker
Kambaku Gholfklub se jaarlikse Presidentsbeker het op Saterdag 5 Maart plaasgevind en die kampioene vir 2014, Kevin Nott en sy spanmaat, Elias Caldeira, het die gesogte trofee verower.
Kambaku Gholfklub se jaarlikse Presidentsbeker het op Saterdag 5 Maart plaasgevind en die kampioene vir 2014, Kevin Nott en sy spanmaat, Elias Caldeira, het die gesogte trofee verower.
Gerhard Basson, president van die klub, het die spesiale geleentheid aangebied en daar is groot waardering vir sy rol om die dag ‘n sukses te maak. Gerhard is ook ‘n rooivleisprodusent en borg elke jaar uitstaande vleispryse, maar met simpatie teenoor die vegetariese deelnemers.
Twee-en-vyftig spelers het deelgeneem en die kompetisie was in die better-ball medal-formaat. Na afloop van ‘n heerlike dag se gholf is 90 gaste met ‘n heerlike aandete en goeie musiek getrakteer. Uniek aan Kambaku, wat spog met ‘n trop rooibokke wat bydra tot die pragtige natuurskoon en uitleg van die baan, was die tema van die dag ook “Rooibok”. Die klubhuis is met Rooibokkoppe, -velle en -horings versier.
Basson het ook van die geleentheid gebruikgemaak om al die borge wat vryelik gedurende die jaar bydraes gemaak, te bedank.
Spelers wat met die vleispryse weggestap het, is:
• Eerste plek: Kevin Nott en Elias Caldeira met 60 nett-punte
• Tweede plek: Mel Stronkhorst en Hansie Stronkhorst met 62
• Derde plek: Piet van Dyk (prok.) en Piet Maritz met 63
• Vierde plek: Rose Powell en Roenel Basson met 64
• Vyfde plek: Piet van Dyk (Wit Piet) en Chris Basson jnr. met 64
• Sesde plek: Xander Botha en Rohan Greyvenstein met 65
• Langste dryfhou: Ruan Steyn
• Naaste houe aan die penne: Piet van Dyk (prok.), Mossie Mostert, Fanie Meyer en Werner Mostert.
Die birdie king van die jaar was Jaco Botha en birdie queen was Roenel Basson. ‘n Spesiale motiveringsprys is ook toegeken aan Cornelis van Dyk wat die jongste speler van die dag was.
