BlogsOpinion

Die Donderdag blog – Prokureur, kry maar vir jou ‘n mobiele kleinhuisie

'n Mens piekel maar hof toe met die aktetas in die een hand en 'n toiletrol in die ander hand.

Ek het dit vir jare lank in my geestesoog gesien – ‘n aktetas en formele kantoordrag wat getuig van styl en klas.  Klassieke eenvoud wat by ‘n prokureur pas – só sou almal my beskryf.

Baie regstudente en kandidaatprokureurs koester hierdie droom en word deur die werklikheid ontnugter, wanneer hulle besef dat jou aktetas maar net ‘n klein deel van die bagasie is wat jy moet saamdra wanneer jy na die Nelspruit Landdroshof toe piekel.

‘n Onlangse Facebook-plasing deur een van ons stad se prokureurs, het my aan ‘n ongemaklike werklikheid herinner –  wanneer jy die Nelspruit Landdroshof besoek, moet jy jou eie toiletpapier saamvat.  As jy ‘n man is, sal jy maar moet belê in ‘n mobiele kleinhuisie, omdat die hof se toilette hierdie week buite werking was.  Mans is met hierdie plakkaat gevra om asseblief nie die hof se badkamer te gebruik nie:

Loo 3

Nadat iemand man genoeg was om verdere ondersoek te gaan instel, het die urinale só gelyk:

Loo 4
Staan in die hof, sê jy?!

 

Om ‘n werkende urinaal op ‘n ander vlak van die hof te gaan soek, hou ‘n uitdaging in.

Die hof se temporaal gestremde hysbak.
Die hof se tydelik gestremde hysbak.

Die kennisgewing op die hof se hysbak maak dit duidelik dat diegene wat na vlakke een tot vyf van die gebou op pad is, sal moet trappe klim.

Dit is te wyte aan die gebruik van die woord “temporally” dat die aard van die hysbak se probleem onduidelik is.

Die status quo frustreer die mense wat die hof moet besoek.  “Waar moet ek nou gaan?” vra ‘n senuweeagtige man in die strafhof vir my.  Ek stuur hom toe maar na die vierde vloer toe, sodat ek agterna kan stap om sy reaksie mee te maak wanneer hy besef dat hy vier stelle trappe gaan moet klim, om by sy bestemming uit te kom.  Die man het bevestig dat die vierde vlak se badkamers ook buite werking was.

Prokureurs het hulle nou al met die werklikheid versoen, al klou daar ‘n nare klankie aan.  ‘n Mens piekel maar hof toe met die aktetas in die een hand en ‘n toiletrol in die ander hand.  Noudat die kleinhuisie ontoeganklik is, sal ‘n mens seker maar jou mobiele weergawe op wieletjies agter jou moet aansleep.

(Foto’s: Deur Christo Smith op Facebook geplaas.)

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button