BlogsOpinion

#sinneloos – die Donderdag blog

Selfies, ses sekonde videos en #sinnesonderskryftekens. Gebruik jy sosiale media effektief of bevorder jy onnosele geite?

“Ek gaan nie Facebook kry nie. Ek’t net gister weer Openbaring gelees en dit begin vir my al hoe meer lyk soos daardie ding waarsonder die wêreld nie gaan kan voortgaan nie. Voor jy sê mes, gaan ons simkaarte onder ons velle moet inplant.” My ma weier om deel te word van die digitale generasie, want dis boos. Ek twyfel sterk of hierdie morele oortuiging regtig die rede is vir haar versuim. As jy my vra, is sy net te lui om as ‘n Facebook gebruiker te registreer.

Sosiale media het die wêreld oorgeneem. Alhoewel ek besef dat dit baie voordele kan inhou, irriteer die manier waarop mense dit gebruik my grensloos.

Twitter se hutsknoppie- of hutstekentendens (dis die terme waarmee Afrikaans vorendag gekom het vir hashtag) is bo-aan die lys van klein sosiale media jakkalsies wat aan my knaag. Die reëls verbonde aan hutstekengebruik maak alle taalreëls tot niet. Spasies tussen woorde wat deur ‘n hutsteken voorafgegaan te word, is uit. (Jammer, Juffrou Elmarie. Juffrou het so hard probeer om my te leer van die pinkie-ruimte wat tussen my woorde gelos moet word.) Lees- en skryftekens is ook van die baan wanneer hutstekens gebruik word.

Dit werk so:

#Dishoejynhutstekengebruik

Dis nog niks. Die dae van intellektueel stimulerende gesprekke is getel. Mense gebruik sosiale media platforms om onnoselhede uit te ruil. My Facebook-nuusstrook is konstant oorlaai met videos van diertjies met kostuumpies aan, een of ander meisie se matriekafskeid en mense wat val. Laasgenoemde is nogal snaaks.

Konstruktiewe tydsbestuur was lank, lank gelede ‘n vaardigheid waaroor baie beskik het en konstant probeer vervolmaak het. Die koms van sosiale media het konstruktiewe tydsbestuur gereduseer tot ‘n eienskap wat ‘n mens selde sien. Die rede hiervoor is dat mense dag en nag vir ‘n rekenaar- of selfoonskerm sit en staar terwyl hulle na die nuutste gier kyk.

Gepraat van giere. Die Women’s Health tydskrif se body honesty gier het afgeskop met die model Chrissy Teigen wat haar binnebene afgeneem het op só ‘n manier dat ‘n mens haar rekmerke mooi kan sien. “Stretchies, say hi!” was haar kommentaar wat haar foto op Instagram vergesel het.

Chrissy

 

Teigen wou glo hiermee vir ons vertel dat sy ook net ‘n mens is – wil jy nou meer. Vroue word nou aangemoedig om hulself af te neem en nie skaam te wees om die foto’s op sosiale media te versprei nie.

Asof daar ‘n tekort aan mense se foto’s van hulleself op die internet is.

Asof hulle nie besef dat die heelal nou daarin moet vaskyk nie.Die selfie-gier bou sonder einde momentum. Presidente, pouse, paddas en prinse is almal onder die indruk dat ‘n Insagtram-filter hulle omskep in ‘n plakkaat van sosiale aanvaarbaarheid. En die wêreld sit hulle dagtake neer en verkyk hulleself.
Nee regtig: voordat jy 'n selfie neem, kyk links, regs en weer links.
Voordat jy ‘n selfie neem, kyk links, regs en weer links.  (Foto: media.ford.com)
Voordat jy 'n selfie neem, kyk links, regs en weer links.
Nee regtig: voordat jy ‘n selfie neem, kyk links, regs en weer links.  En op.  Pruilmondjie, toe?
Ek wonder of hierdie selfie-nemer weet dat ek die veiligheidsgordel om haar skouers kan sien? Selfies voor ‘n spieëlkas of kasdeur is ook ‘n gunsteling.  Wenk: maak jou kasdeur toe voor jy hom neem.  Die selfies wat veral my verstand te bowe gaan, word in die badkamer geneem.
Daardie kenmerkende wit teëls.
Daardie kenmerkende wit teëls.  Inderdaad – “You’re perfect.”  (Foto: healthcoachquinn.com)
Hierna word dit via sosiale media die wêreld in gestuur.
Jy moet fokus, my kind.
‘n Videoredigeringstoepassing, Vine, gee gebruikers die geleentheid om ses minuut lange videos op die internet te laai wat oor en oor speel. En mense kyk daarna. Oor en oor. Vasgenael soos Mowgli se gesig op Kaa se oë. As jy Jungle Book gekyk het, sal jy verstaan. As jy dit nie gekyk het nie, kyk maar net ‘n Vine.
Kaa en Mowgli.
Kaa en Mowgli.  (Foto: Disney)

 

Ek dink nou daaraan dink dat daar mense sonder kos is, dat daar lande is waarin oorloë woed en dat daar aktuele sake is waarmee ek my eerder besig behoort te hou.  Wanneer ek ook besef dat ek hopeloos te min slaap en dat min van ons ooit genoeg tyd het vir al die werk wat gedoen moet word, kom ek tot een slotsom: bittermin van die onsin op my sosiale media nuusstrook is relevant.

Basta daarmee.
Lees ook:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button