Donderdag-blog: my kamera het daardie aand voete gekry
My kamera het voete gekry by die Innibos-feesterrein. Die foto's waarmee hy teruggekom het vertel 'n storie.
The Hangover.

The Hangover is ‘n skreeusnaakse fliek. Dis ‘n uur en 48 minute van chaotiese grepe uit drie karakters se rowwe aand uit – hulle drankies was gedokter en hulle kon niks van die vorige aand onthou nie. Die aand maak grotendeels vir niemand sin nie en wanneer een van die drie op ‘n digitale kamera afkom waarop die aand in ‘n reeks foto’s afgeneem is, besef hulle wat die vorige aand met hulle gebeur het.
Dis die kort, vervelige weergawe. Gaan kyk die fliek.
The Hangover was die inspirasie agter Donderdag-die blog se Innibos-eksperiment. Donderdag het gewonder wat sou gebeur as ‘n digitale kamera vir ‘n aand lank voete kry Innibos. Die kamera is vort op ‘n ekspedisie van sy eie.


Tussen al die limirieke wat een lawwe mens kan skryf,
is die gekste een die een oor mense wat tot laatnag fuif.
Dis die Kaptein Skuim gespuis wat als totaal en al verloor
terwyl Bittereinder en Van Coke met al jou sinne toor
“…Ek’s klaar, as jy my soek ek is die ou voor die stage met die skyf.” – So sê hulle.

‘n Gawe jafel het die lens bederf – dis duidelik
‘n Happie ná ‘n kappie is darem vreeslik verleidelik!
Die kamera is heen en weer tussen feesgangers aangegee
soos ‘n aflosstokkie, maar dis reg, hy ken mos nie van “nee.”
Die foto’s sal die res van sy gekkefees vir jou verduidelik.

Ten spyte van swak beligting, sien ek ‘n man en ook ‘n dame.
By gebrek aan meer besonderhede, voorsien ek hul self van name:
‘n Stel Harry en Chelsea of Beyoncé en Jay-Z?
Kim en Kanye, Moemma en Moepappa of Prince Charles en die Lady?
Hoe dit ookal sy, hulle het die kamera gaande.


Twee vroue in bosveldgewaad het die kamera se aandag gehou
en toe fokus hy op hierdie ou:

Dit blyk toe dat die mans met oranje eilandbykomstighede aandag getrek het

Die kamera se lawwigheid is lelik kortgeknip
want sy fokus was af en sy strompel was laf : “Nou’t ek opgeslip!”
Dit was toe hy ‘n drogbeeld sien dat die lens nie meer wou nie
– hy kon sy eie oordeel nie meer vertrou nie
en hy’t bo-oor ‘n biertentbankie getrip.

Kamera: “Oom, kan jy my eienaar bel?
hierdie ervaring is reg uit die hel.”
Die digitale kamera se volgende beeld verduidelik dat hy aanhoudingselle toe is.
Hierdie selle is agter in die verkeersdiens se bus.

Die kamera en eienares is uiteindelik herenig.

Die feesvieringe kon aangaan.
Het ons Donderdag-kamera jou iewers afgeneem? Blaai deur ons aanlyn-galery.















