BlogsOpinion

Toe almal nog by Elie se Gim geoefen het

As jare lange sakeman in die streek, sien 'n mens reeds in 'n uitgawe van Die Laevelder van 1972 dat hy sy gimnasium - die heel eerste in die Laeveld, in die koerant adverteer.

Vandag na byna ‘n halfeeu in die fiksheidsbedryf is Elie en Santie Fourie steeds ‘n elegante egpaar wat soos jong mense deelneem aan die sosiale stadslewe wat Mbombela bied.

Elie bly steeds op die hoogte van die jongste fiks- en gesondheidstendense en is daagliks nog ‘n gimnasium-instrukteur. Hy en Santie is onder meer stigterslede van die Laeveld Lekkerbekke wat die afgelope vier jaar gereeld aansit om te proe wat uit die kombuise van die talryke eetplekke in die Laeveld kom.

As jare lange sakeman in die streek, sien ‘n mens reeds in ‘n uitgawe van Die Laevelder van 1972 dat hy sy gimnasium – die heel eerste in die Laeveld, in die koerant adverteer.

Dit was toe hy reeds na ‘n perseel in die splinternuwe Nelacres-sentrum geskuif het. Sy eerste gimnasium in die laat jare sestig was in die middedorp in die Bester-Brown-gebou. Daar was nie lugversorging nie. “Ons moes maar vensters oopmaak,” vertel Elie.

Hy vertel ook dat hy al as jong seun in liggaamsbou en fiksheid belanggestel het en as jong man sy eerste gimnasium op sy tuisdorp in Vryheid in KwaZulu-Natal geopen het.

Destyds moes hy die bedryf van sy klein fiksheidsonderneming met ‘n werk in die motorhandel deel. Met sy koms na Nelspruit, het dit tot ‘n selfstandige saak ontwikkel. Teen die laat jare tagtig is die Fouries terug Natal toe waar Elie ‘n groot sportsentrum in Pinetown gehad het. Tien jaar later was hulle terug met ‘n nuwe gimnasium in die toe pas voltooide Medisentrum in Henshallstraat. Sy volgende gimnasium was in die Bahati-sentrum in Witrivier.

Oor die foto van sy pragtige vrou so skamel geklee in ‘n bikini wat met die advertensie in die koerant verskyn het, het die kerk die egpaar onder tug geplaas, lag Elie vandag.

LVF0108_001_1163058626

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button