Opinion

Hei tannie, kan ek vir jou ‘n dop koop?

Tieners moet liefs nie drink by Innibos nie.

Die jongman is seker so 16 of 17 jaar oud.

Sy onderlyf is kleiner as sy bolyf.  Hy het onlangs die gimnasium ontdek en lyk sou soos ‘n tregter.

E

Of hy, of sy ouer boetie, het vir hom ‘n bier gekoop.  Met sy bier in die een hand en ‘n sigaret wat ongemaklik tussen sy duim en wysvinger vasgehou word, staan hy en dink aan hoe cool hy lyk.

Hy bring die sigaret nader aan sy mond.

Lees ook: DONDERDAG BLOG – Liewe Kredietkaartsmous

Hoe jy eintlik lyk

 

Adonissie blaas die rook stadig uit.  Dit kom met rukke en stote – hy probeer sy hoes onderdruk.  Dit laat sy oë effens traan.

Nogtans moet sy vertoning aanhou.  Hy bekyk die feesterrein oor die rand van sy bierglas.

Ons maak oogkontak.  Hy glimlag skeef, knipoog en stap nader.

Lees ook: Wanneer ‘n joernalis ‘n fout maak voel dit só

“Hei,” sê hy op ‘n manier wat my laat dink het het dié groet in die spieël geoefen.  “What’s up?”  Ek antwoord kortaf: “Ek kon jou ma gewees het,  Goed, miskien nie.  Maar ek kon jou ouer sussie gewees het.  Jy’s te jonk om hier rond te hang.”

Die kind word nie maklik van stryk gebing nie.  “Hei tannie, kan ek vir jou ‘n dop koop?” vra hy.  Ek vra hom of hy ‘n ID het.  Hy wys trots vir my sy leerlinglisensie.  “Ek is amper 18,” beweer hy – terwyl hy in April 16 geword het.

Niemand onder 18 hoort in die Innibos biertente nie.

Kort voor lank word die mannetjie deur die feessekuriteit weggesleep sodat sy ouers ontbied kan word.

En raai waar hulle kom kon gaan haal? Agter in die verkeersdepartement se bus.IMG_5220 (Medium)

Hierdie is geen gewone bus nie.  Anders as in ‘n skoolbus, sit die cool kinders nie heel agter nie.

Adonissie se ouers het hom daar agter aangetref.  Pens en pootjies in die feesselle.

IMG_5221 (Medium)

Sy pa wou hom d*nner.  Sy ma het gehuil.  “My seun, gebruik jy dwelms ook?”

Te oordeel aan sy greep op die sigaret van vroeër, sal hy darem ‘n daggazol so half kan vashou.  Ek sê die nie vir die huilende moeder nie.

Ek skryf eerder ‘n brief:

“Liewe Tiener.

Gaan weg uit die biertent uit.  Jy is onder 18 en mag nie drink nie.

Wie minderjarig drink, sal sy ouers agter in die bus inwag.

Liefde

Ousus”

Die DONDERDAG-blog is ‘n Nelspruit Post blog.  Lees meer hier.

Die DONDERDAG blog is satiries en steek die draak met baie dinge in die lewe.  Nie alles op hierdie blog moet letterlik opgeneem word nie.  Onthou: Min dinge leer só mooi ‘n les soos ‘n hipotetiese feitestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button