BlogsLocal newsNewsOpinion

‘n Allemintige gekef in die stadsraad van 1973

Die raadsaanbeveling dat daar 'n hoër belasting op groter honde gehef word, wat nie deur die bestuurskomitee aanvaar is nie, het ongelukkigheid veroorsaak.

MBOMBELA – Watter Laevelder-lesers onthou nog die dae toe daar ‘n spotprent in elke uitgawe was – en wie onthou nog dat die nimlike plaaslike geskiedskrywer Hans Bornman, soms self sy tekentalent moes inspan om op ‘n lighartige wyse kommentaar te lewer op die daaglikse gebeure in die Laeveld.

Nog bekendes wat spotprente geteken het was Wim Bosman – bekend vir sy Louis die Laeveld Leeu wat hier in die Laevelder gedebuteer het en Charl Bruwer wat vandag nog een van die skilders en illustreerders in die Laeveld is.

Steeds 'n haan onder die henne. Die oud-koerantman en plaaslike geskiedskrywer, Hans Bornman wat soms ook sy tekenaanleg moes inspan om 'n toepaslike spotprent vir Die Laevelder te maak. Hier verskyn hy saam met Sanna Joubert, Irma Green en Rika de Bruyn by die onlangse Laeveld Boekefees waar hy 'n praatjie gelewer het.
Steeds ‘n haan onder die henne. Die oud-koerantman en plaaslike geskiedskrywer, Hans Bornman wat soms ook sy tekenaanleg moes inspan om ‘n toepaslike spotprent vir Die Laevelder te maak. Hier verskyn hy saam met Sanna Joubert, Irma Green en Rika de Bruyn by die onlangse Laeveld Boekefees waar hy ‘n praatjie gelewer het.

In 1973 het Nelspruit, nog glad nie só uit sy nate gebars nie. Sake van mindere erns het maklik op die agenda van ‘n stadsraads-vergadering beland, soos die keer toe die dorpshonde te raserig was.

Volgens ‘n berig in Die Laevelder het raadslid Nic van Zyl in ligter luim verwys na ‘n geraas in die raadsaal oor die geblaf van honde, toe daar ongelukkigheid was omdat die bestuurskomitee nie ‘n raadsaanbeveling wou aanvaar dat daar ‘n hoër belasting op groter honde gehef word nie.

Dit was omdat groter honde ‘n groter geraas gemaak het. Hieroor het raadslid Boet van Zijl sterk te velde getrek.

Hy het in die raad aangevoer dat dit vir inwoners uiters moeilik gemaak word om groot honde in die dorpsgebied aan te hou:

"But can't you understand my Fifi is a lap dog", was die onderskrif by hierdie spotprent van Hans Bornman in Die Laevelder van 2 Maart 1973.
“But can’t you understand my Fifi is a lap dog”, was die onderskrif by hierdie spotprent van Hans Bornman in Die Laevelder van 2 Maart 1973.

“As ‘n man R80 per jaar betaal om ‘n paar honde aan te hou, sal dit nog te min wees,” het hy gesê, om die aanhou van honde in die dorpsgebied te beperk. In 1973 kon ‘n mens nog ver kom met R80.Slegs met skoothondjies kan daar ‘n uitsondering gemaak word was raadslid Van Zijl se voorstel.

“Skoothondjies is nie so groot oorlas nie,” het hy aangevoer. Voordat hy kon verduidelik hoe mens die werklike grote van sogenaamde skoothondjie moes bepaal, is sy voorstel egter nie aanvaar nie en het hondebelasting deurgaans dieselfde gebly.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button