BlogsLocal newsNewsOpinion

In die oog in die hart

Pohl's Paneelkloppers was vir jare lank die Fiat- en Jeep-mense in die Laeveld.

Blaai mens so deur ou uitgawes van Lowveld Leader, Die Laevelder en later Laevelder, merk jy die gereelde adverteerders van destyds. Dit is ondernemings wat jaar in en jaar uit hul teenwoordigheid in die plaaslike nuusblad gehandhaaf het met advertensies of gereeld deelgeneem het aan spesiale promosie-uitgawes.

Lees meer: ‘n Allemintige gekef in die stadsraad van 1973

Dit is ook merkwaardig hoeveel van hierdie ondernemings vandag nog in die Laeveld sake doen. Een wat ek vandag wil uitsonder is Pohl’s Paneelkloppers wat jare lank ook die Fiat- en Jeep-mense in die Laeveld was.

Lees ook: Ending of a decade – thé mannequin parade of 1969.

Sedert 1946, toe oom Naas Pohl die onderneming gestig het, sien mens die ou advertensies. Veral in die jare sestig toe oom Koos – ook bekend was as oom Swannie – Swanepoel en sy seun, André, die onderneming gehad het, was daar nie huiwering om die te adverteer nie. Veral toe hulle ook die twee motoragentskappe, Fiat en Jeep bekom het. Destyds het hulle nog op die rand van die middedorp in Besterstraat 42 en 43 sake gedoen.

Lees meer: About life and leisure in old Nelspruit.

Natuurlik was puik diens ook die rede dat Pohl’s vandag nog een van die mees vooraanstaande paneelkloppers in die Laeveld is. Hiervan maak die huidige eienaar, Deon Stander met sy perseel deesdae onder in Timmerhoutstraat, doodseker. Ook om gereeld te adverteer soos verlede week weer in Lowvelder Autodealer.

Lees ook: Early entertainment the Lowveld way.

En in 1967 toe André Swanepoel nie minder as 325 Jeep-voertuie aan die Mosambiekse regering verkoop het nie, het Die Laevelder se nuusblaaie groot gewag gemaak van hierdie netjiese plaaslike transaksie. Dit is presies wat mens vandag nog kan verwag in Laevelder – goeie blootstelling aan ‘n verdienstelike klant.

Lees meer: Oor Kewers en oor die olifante van die Laeveld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button