BlogsOpinion

DONDERDAG: Jy het beheer oor jou houding

Wie se probleem is jou probleem?

Dis Donderdag en dis November.

Almal is geïrriteerd, soek nuwe werk en het iemand in die oog wat hul wil vermoor. Of dalk net ernstig wil aanrand.

Dit was ‘n moeilike jaar.

Die rand is in sy kanon in. Die televisie-tyd wat aan ons president toegeken word kan vergelyk word met ‘n komedie-uur. Of ‘n dramatiese komedie.

As jy vir ‘n baas werk, het jy nou al elf maande na dié se pype gedans en is jy behoorlik keelvol.

Jy weeg die voor- en nadele van jou werk op en wil dadelik op ‘n skuitjie klim en iewersheen vaar.

Dit maak nie saak waarheen nie – solank “iewers” nie is waar jy tans is nie, sal jy tevrede wees.

En dan kom dit: die gedagte dat jy nou eintlik genoeg gedoen het. Dat die wêreld jou iets skuld vir jou goedheid. “My baas waardeer my nie, maar buit my uit,” kla jy. Jy werk nie tussen 08:00 en 17:00 nie en sit ure ekstra in, maar word ook nie teen oortyd tariewe betaal nie. “Dit beteken my baas skuld my R20 983.83,” sê jy vir jouself in die spieël.

Daar is kringe om jou oë en die grys wil-wil begin wys. Dis 2016 se skuld. Niemand waardeer jou nie.

Hoekom moet iemand jou waardeer? 

Is jy geregtig daarop? Doen jy nie eenvoudig jou bes omdat dit die regte ding is om te doen nie?

Dink daaroor: jou waarde hang nie af van wat ander van jou dink nie. Jy kan nie net aanspraak maak op die reg op menswaardigheid nie. Tree darem ook so op dat mense jou wil respekteer.

Kliek hier vir 21 maniere waarop jy die respek van ander kan inwin.

Om te gee is ‘n voorreg. Of dit nou jou tyd, moeite of geld is. Dit is altyd die moeite werd.

Lees ook: DONDERDAG – Ferreirastraat

Lees ook: Hollandse sêgoed om jou DONDERDAG te maak

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button