BlogsOpinion

Maak 2017 jou jaar op hierdie ses maniere

“Die regte ding” verg dikwels meer moeite as die “maklike ding.”

Gaan jy eerlik wees met jouself in 2017?

Weerspieël jou uiterlike lewe jou innerlike waarheid?

Leef jy 'n leuen

Integriteit is belangrik. Dit beteken dat jou dink en sê en doen ooreenstem.

2017

Om van 2017 ‘n kwaliteit jaar met waarheid, eerlikheid en integriteit te maak, is ‘n uitdaging. Hierdie riglyne kan jou op die regte pad hou:

1.) Laat jou “ja,” ja wees en jou “nee,” nee.

‘n Mens probeer soms iemand anders se gevoelens spaar. Wanneer jy weer vir rolbal genooi word, moenie verskonings opmaak om dit vry te spring nie. Wees eerlik. “Ek hou nie van rolbal nie, maar ons kan dalk gaan koffie drink?” sal in orde wees as jy wel die persoon wat jou nooi wil bevriend. Indien nie, sal ‘n doodeenvoudige “nee dankie” deug.

Wees getrou aan hoe jy voel. As jou sesde sintuig vir jou sê dat jy iets nie moet meemaak nie, verskoon jouself. As jy rus nodig het en iemand jou na ‘n dans toe nooi, verduidelik dat jy nie wil gaan nie, omdat jy rus nodig het.

Hy wat dit nie verstaan nie, kan toekomstige kuiertjies op sy maag skryf.

2.) Maak jou vriendelikheid goedkoop, maar jou vriendskap duur.

Langenhoven het hom nie opgehou met niksnutse nie. Jy behoort hul ook te vermy.

Omring jouself in 2017 met kwaliteit mense. Spandeer tyd met mense wat jou stimuleer en jou wêreld se horisonne verbreed met nuwe kennis en ervarings.

Tyd

‘n Vriendskap moet waarde toevoeg. Wees vriendelik, maar daar is geen nut daarin om ‘n vriendskap aan te knoop met iemand wat nie jou lewe verryk nie.

3.) Weet wanneer om bestaande menseverhoudings te laat vaar.

Soms bevriend ‘n mens iemand, net om met tyd agter te kom dat daardie persoon slegs op jou wil teer.

Of die vriendskap taan en word met skuldgevoel aan die gang gehou.

En soms stem twee vriende se waardes en beginsels net nie meer ooreen nie. Vra jouself: Is dit nog vir my die moeite werd om tyd en moeite in hierdie vriendskap te belê?

As dit nie is nie, distansieer jouself.

Waar jou en ‘n vriend se waardes drasties verskil, moet jy besef dat jy hom nie gaan beïnvloed nie. Die oumense het mos gesê dat jy ‘n perd tot by die water kan lei…

perd

Hieronder val vriende met self-destruktiewe gewoontes, gedragspatrone wat keer op keer sleg eindig en die onvermoë om te besef dat slegs hulleself hul lewens kan verbeter met veranderende denke en gedrag.

besluite

4.) Wees getrou aan jou eie waardes

“Waardes” is ‘n term wat soms verkeerd gebruik word. Dit verwys na jou eie, geïnternaliseerde riglyne vir jou lewe. Geen twee mense se waardestelsels is dieselfde nie. Jy kies deur die loop van jou lewe sekere waardes en orden dit in volgorde van belangrikheid. Wanneer ‘n mens in teenstryd met hierdie riglyne optree, voel jy ongemaklik.

Reg en Verkeerd

Selfrespek en respek van ander word verkry wanneer jy die regte ding bly doen, al is die regte besluit ‘n ongewilde een.

Vir een ou is geld belangrik. Sy besluite draai daarom. Iemand anders sal bo alles lojaal wees, selfs al kos dit hom. Eerlikheid is weer vir ‘n derde só belangrik dat hy soms as minder lojaal voorkom, wanneer sy opinie ‘n vriend affronteer.

Moet nie jou waardes prysgee nie.

Respek

5.) As iets nie vir jou die beste is nie, los dit.

Jy weet diep binne-in jou hart wat vir jou die beste is. Tog wyk mense om verskeie redes van die beste af. Sulke optrede word meestal deur vrees veroorsaak.

Die beste

‘n Man van 50 trou met ‘n half dommerige leeglêer van ‘n vrou, omdat hy dink sy is sy laaste kans op vrou vang.

‘n Meisie kies ‘n man wat haar sleg behandel, omdat sy vrees dat niemand anders van haar sal hou nie.

Jan eet ‘n papperige piesangtoebroodjie voor middagete, omdat hy bang is dat hy sal honger word. Na die laaste happie, begin hy olik voel. Wanneer eenuur kom, wens hy dat hy eerder vir ‘n lekker bord kookkos gewag het.

6.) Die ideaal verg ekstra moeite.

Jy maak gereed om jou pap te eet. Jy weet dat jy met ‘n silwer lepel kan eet, maar ‘n plasiek lepel is binne bereik. Gaan jy met die plastieklepel eet of kombuis toe loop en die silwer lepel gaan haal?

Daar het jy dit.
Daar het jy dit.

“Die regte ding” verg dikwels meer moeite as die “maklike ding.”

besluite
Indien jy dit gemis het… neem vandag die regte besluit.

Doen die regte ding.

Lees ook: DONDERDAG – ‘n Gids vir jou beste nuwejaar

Lees ook: DONDERDAG – die blond

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button