BlogsOpinion

Leser se brief: Een nag van plesier veroorsaak trauma

Christia Newbery van Skurweberg, Machadodorp skryf:

Ek hoop al die vromes wat die feesgety met die skiet van klappers gevier het, het genot daaruit geput. Dit, te midde van die vrees wat dit by so baie honde, katte, voëls, kinders en oumense ingeboesem het, en dit tot beserings en selfs die dood van sommige aanleiding gegee het.

Een nag se pret en plesier vir die mens veroorsaak geweldige spanning en trauma by onskuldige diere. Die gevolge is skokkend.

En ook die baie inwoners van Mbombela wat net voor die Desembervakansie hul troeteldiere by die DBV gaan los het – moet net nie vanjaar weer gaan en ‘n nuwe diertjie kry nie. Hier by die DBV moes geweldig baie diere die afgelope ruk, juis om dié rede, van kant gemaak en uitgesit word.

As jy maar net weet hoe bang jou geliefde hondjie op sy laaste oomblikke was toe die doodsnaald in sy are moes gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button