Opinion

Leser se brief: Omgeeharte word bedank

Soné Iori skryf:

Met die onlangse interhuis van Laerskool Nelspruit, het ek weereens die omgeeharte van die gemeenskap beleef. Aangesien die dirigente se tema “Seerowers” was, wou hulle baie graag ‘n boot vir hulle optog gebruik. Ek het begin rondbel en almal was bereid om te help, selfs al was dit net om te help soek. ‘n Yselike dankie aan Werner en Nico van Conway Marine wat sonder huiwering (en dit op baie kort kennisgewing) hul tyd en boot aan ons afgestaan het.

Hulle was vroeg Vrydagoggend daar en die kinders was so opgewonde oor “hulle” boot!

Dankie Werner en Nico, nie net vir julle bereidwilligheid en tyd nie, maar veral julle liefde en geduld met die kinders.

‘n Groot dankie ook aan elke Nelspruiter wat gebel en per SMS hulle hulp aangebied het. Nelspruit is vir seker die beste.

nelliesletterfoto_44171

 

Vir meer briewe van ons lesers, opinies van ons joernaliste en ons redakteur se kommentaar, klik op die skakel op die koeverte:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button