
Ek gaan my hare uit my kop uittrek.

Regtig.
Sosiale mediagebruikers is sentraal tot my frustrasie.
Meer spesifiek is hierdie insetsel gemik op ‘n groep mense wat ek sleutelbordsotte noem.
Wat is ‘n sleutelbordsot?

‘n Sleutelbordsot is ‘n gek, dwaas of iemand sonder te veel verstand wat agter sy sleutelbord sit.
Dit sluit ook diegene wat tik sonder om te dink in.

Sleutelbordsotte plaas die volgende op sosiale medianetwerke:
- Rassekwessies
Alles gaan vir hierdie gebruikers oor swart, wit en al die skakerings tussenin. “Swart lewens maak saak!” sê een. So asof alle lewens nie ewe veel saak maak nie. “Blankes word geboelie,” kla nog een.


So iemand glo vas dat reaksies teenoor hom op sy ras gebaseer is. En elke keer wanneer hy so ‘n stelling plaas, hits hy ander aan om deel te vorm van ‘n gesprek oor rassisme.
Hy nooi ander sosiale media gebruikers om saam met hom in ‘n groef van slagoffer-wees te val. Die effek hiervan demp vooruitgang.


- Aktivisme
Gepraat van “wees die verandering wat jy in die wêreld wil sien.”

Party sosiale media gebruikers ruk die dam onder die eend uit.
Dis goed om sterk te voel oor iets, maar as jy aanhoudend op Facebook gaan teem oor wat alles met die wêreld verkeerd is, gaan ek jou van my vriendelys afvee.
As jy jou wil beywer vir siek kinders of diere, gaan help uit by ‘n sorgsentrum. Ek het geen behoefte aan huilende kinders en bloeiende diere op my nuusstrook nie.
Die feit dat jy plasings en foto’s oor ‘n onderwerp deel, beteken nie dat jy besig is om die wêreld te verander nie.
- Kommentaar op hofsake
Hier verloor mense hulle koppe.
‘n Beskuldigde word onskuldig geag totdat hy skuldig bewys is.
Maar die oomblik wat vermeende moordenaars of stropers se gesigte aanlyn verskyn, kom die krete.

Ons het een van die wêreld se mees gesofistikeerde regstelsels. Beskuldigdes se regte word erken en gerespekteer, wat die kanse van suksesvolle appélle op skuldigbevindings verminder.
As jy dit nie verstaan nie, gaan lees na oor ons reg. Lewer dan ‘n ingeligte opinie as jy moet.
- Kommentaar oor die ekonomie
Ekself is ‘n leek wat die ekonomie betref. Daarom beperk ek my plasings oor die ekonomie tot ‘n minimum.

En die belangrikste argument:

Ek moet bieg: Hierdie grappies was e-cards se idee.
Google e-cards nou. Dit sal jou dag maak.
- Emosionele uitbarstings
Jou ma wil weet hoe dit met jou gaan.
Ek gee nie regtig om nie.

As jy my vriend is, sal ek jou kontak.
Jy sien, sosiale medianetwerke sluit meer as net jou vriende in. Kennisse is ook deel van jou aanlyn kring.
Wil jy regtig vir hulle vertel dat jou geliefde jou verneuk het?
Hou jou privaat lewe, privaat.
- Die alewige “tagging”
‘n Mens weet ook nie weer waar jy meer jou naam moet gaan optel nie. Dis op almal se nuusstroke en so ewe deel van hul statusse.
Wees gewaarsku: as jy my “tag” gaan ek jou “tag.”

So wat gaan ons met die sleutelbordsotte maak?

Lees ook: DONDERDAG – Die Blond?!
Lees ook: DONDERDAG – Oor dokters
