BlogsOpinion

Leser se brief: Oudsoldaat betuig sy dank teenoor dokters

Jasper van Mbombela skryf:

Ek bedank graag die volgende dokters in Mbombela vir die uitstekende mediese diens wat ek van hulle ontvang het, nadat ek ernstige kopbeserings opgedoen het op die grens in die destydse Suidwes-Afrika in 1979.

Dit was so erg dat die weermag se mediese personeel eers nie my wonde skoongemaak het nie, omdat ek veronderstel was om te sterf. Daar was min hoop.

Ek lewe nog, want ek is gespaar deur genade. Die volgende dokters het my lewenskwaliteit dramaties verbeter:
dr. Pieter Scheepers, dr. Danie Louw en dr. Edward Berry. Vandag lewe ek ‘n vol lewe met dank en waardering teenoor hulle vir die uitstaande kwaliteit mediese dienste.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button