BlogsOpinion

Leser se brief: Ouers dankbaar vir hulp met seun

Emiel en Denise von Zweel skryf:

Saterdagaand het ons driejarige seuntjie, Louniel von Zweel, ‘n trappie misgetrap en sy kop teen die trap oopgeval.

O0ns het dadelik vir Callum MacPherson by CSG Hi-Tech Sekuriteit geskakel en hy het hul ambulansdienste uitgestuur. Strini Ramea (ILS), Dinah Mendoza (BLS) en ‘n vrywilliger, Alicia het ons seuntjie dadelik kalm laat voel en het ons as ouers verseker dat alles onder beheer is.

Callum was ook binne minute by ons en het ons ook verseker dat alles onder beheer is.

Callum het ons huis laat patrolleer terwyl ons hospitaal toe was.

Uit ons harte wil ons julle bedank vir hierdie ongelooflike goeie diens en die merkwaardige manier hoe julle ons sterk gehou en ondersteun het.

Meer as alles, dankie dat julle ons seuntjie veilig gehou het en so mooi met hom gewerk het.

Louniel het steke gekry en is 100% oukei. Hy was glad nie bang nie omdat hulle hom so mooi hanteer het.

Baie, baie dankie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button