BlogsOpinion

Niks verloop volgens plan nie…

Tog bied dit soms herinneringe wat ons lewenslank kan koester.

Niemand weet werklik wat 24 uur van nou af gaan gebeur nie.

Jy kan raai en afsprake maak en dinge beplan, maar in werklikheid kan al jou planne binne sekondes van nou af verander.

So gebeur dit toe dat ek en my ma Vrydagoggend by ‘n koffiewinkel sit toe my foon lui.

My vriend Kobus, wie se verloofde se 40ste ek die volgende dag sou bywoon, bel.

“Hallo, my skat,” sê ek, toe nog salig onbewus van wat volgende gebeur.

“So dit was eintlik ‘n verrassing, maar ek en Carl trou môre. Hy weet nie. My pastoor het pas gekanselleer en ek wil nie hê enigiemand anders moet ons trou behalwe jy nie.”

LEES OOK: As die Laeveldgriepverkoue jou eers beet het

Daar is stilte. En toe kom die trane van beide kante af.

Die Saterdag daag ons toe by hul huis op.

Niks verloop volgens plan nie.

Sy ma, wat die spyseniering doen, is laat. Die mense wat die blomme moes doen, trek kop uit en Kobus vul die spasie met proteas. Die swembad is uitgetap en binne is ‘n blou tent opgeslaan. Die res van die erf is bedek met ou blou hospitaallinne.

Al die gaste is laat en toe die fotograaf opdaag, is daar niks vir haar om af te neem nie.

Niks verloop volgens plan nie,

LEES OOK: Die dag toe sir my kar se spieëltjie vir hom vat

Maar toe die groot oomblik uiteindelik aanbreek, is almal verras en alle planne vlieg by die venster uit. Die trane, en die vonkelwyn, loop en twee siele beloof ewige trou aan mekaar.

Want sien, die mooiste oomblikke gebeur wanneer niks eintlik volgens plan verloop nie.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button