BlogsOpinion

As jou salaris net ‘n naweek hou

Toe ek klein was het ek gedink 'n mens se salaris hou 'n hele maand. Toe tref die realiteit my.

Toe ek klein was het my ma-hulle vir my gesê “‘n mens praat nie oor geld nie, my kind.”

Daarom, toe iemand die eerste keer vir my op universiteit sê: “Sjoe, ek’s arm” het ek summier vir hulle ‘n stewige bord kos gekoop en my yskas vol mamma-pakkies vir hulle beskikbaar gemaak.

Ek het daarna geleer ‘arm’ is ‘n relatiewe begrip – veral as jy ‘n student is. Teen my vierde jaar het ek met trots aangekondig dat ek arm was met die hoop dat wanneer ek my volwasse lewe betree, dinge ietwat beter sou gaan.

Nou kyk, joernalistiek is nie ‘n beroep wat ‘n mens ligtelik moet betree nie. Jy doen dit nie vir gerieflike ure of die min stres nie. Jy doen dit beslis ook nie vir die geld nie. Dis ‘n beroep waarin jy vir die liefde van die saak staan.

LEES OOK: Somtyds moet ‘n mens jou hande die praatwerk laat doen

Liefde koop egter nie vir jou ‘n glas rooiwyn nie, en so ek het ek en my medekollegas tot gister nog gekla hoe “arm” ons was.

Vandag is payday en daar heers ‘n vars gees in die kantoor. Almal bederf hulself met ‘n ekstra groot ontbyt van die kantiene, geurige koffies en maak planne om te kuier vir die naweek.

En Maandag? Maandag kla ons almal weer ons is “arm”.

So geniet hierdie dag en gaan groot, want dis een waarop jy binnekort met heimwee gaan terugkyk.

NS. Asseblief moenie bekommerd wees nie, Mamma. Soos ek gesê het, arm is ‘n relatiewe begrip en aan my lyf kan Mamma sien ek eet darem genoeg en bly nie op straat nie.

LEES OOK: Niks verloop volgens plan nie…

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button