Liewe Pat, dis hoe jou jaar verloop het
In jou Kerskous van 2019 het jy die goeie, die slegte en die "lelike" ontvang.

Niemand kan voorspel wat ‘n nuwe jaar vir jou kan inhou nie. Sommiges sal sê, maak die beste van dit wat jou kant toe kom, hetsy goed of sleg; andere sal sê kyk verby die sleg, en konsentreer op die goed.
Pat, die goeie wat in jou Kerskous was bai goed en baie genade.
Jou gesondheid was jou heel eerste genade. Avonture was daar wel nie baie nie, maar dit wat jy gehad het, kon jou kliere van opwinding tiekel… ja jy het gedink op 63 jaar gaan alles saai wees, maar 2019 het jou verkeerd bewys.
Daar was liefde van almal, jou kollegas, jou kinders, jou naaste en selfs uit die stories vir die koerant het jy genot geput. Soos jy vanjaar se koerantstories van die joernaliste deurgegaan het, was daar oomblikke van “aitog; sjoe; shame; ag nee, Gilbert; nou waar kom sy daaraan; wat de hel?; aarde tog Tumelo!”
En dit wat goed was, was goed. Jy het jou ou-lyf weer op die pad gekry (en ek klop myseklf daaroor op die skouer), jy het ie ‘n been of iets gebreek sodat jy jou Pilates kon volhou.
Jy het besef dat alles tog maar ‘n gejaag na wind is. Geld, geld geld … vir wie en na wie? Jy het die goedheid van jou kinders(en hul gesondheid – behalwe vir die 37-jarige wat waterpokkies opgedoen het) weer beleef en die wipneus-kleinkind se prestasies kon beleef. En haar wêreldwysheid het jou verstom en sal jou nog meer verstom. Jy is getreat met naels, mooi klere, omgee en liefde … en die wete dat daar ‘n iemand baie Groter is as almal wat na jou gekyk het… en dit is en was die beste goedheid wat mens kon besef…
Pat, in jou Kerskous het ook die slegte geskuil. Familiedinge wat jou heeltemal onkant gevang en geskok het. Hoekom, waarom, was ek dan blind? Wat sou skeef geloop het?
Die antwoord het ek nou nog gekry nie. Maar weet jy Pat, as jy mooi besin kon die slegte nie opweeg teen al die goeie wat in jou kous was nie.
Maar diep onderin die kous was daar die “bad”. Dit het my soos ‘n sweepslag getref toe ek ontnugter is deur mense wat jou misbruik het om hul plannetjies uit te voer ter wile van hulself. Wat jou sleggemaak het sodat die onwerklike die werklike vervang het..
Iemand moes die skuld kry, en jy is gepiek as die swartskaap. Maar moenie worry nie, Pat, die Bybel waarsku teen die geveinsdes…. en dit is al wat ek daaroor sal wil sê.
Vandag op 16 Desember het jy weer die Gelofte aangehoor wat op 16 Desember 1838 voor God afgelê is… en Pat, het jy toe nie besef dat niemand, ook nie die wat op jou getrap het, niks aan jou kan doen nie, want geloof, hoop en liefde was ook in jou Kerskous van 2019.
