Editor's choiceHard newsLifestyleNewsPeople

Bennie Boekwurm se pa groet

Butch Stoltz, die kunstenaar wat sy lewe toegewy het om kinderherinneringe vir ander te skep, is Vrydagaand in sy huis in Pretoria-Noord oorlede.

PRETORIA – Butch Stoltz sal nie net deur sy naasbestaandes onthou word nie, maar ook deur duisende Suid-Afrikaners as die skepper van ikoniese tekenprentkarakters soos dié van die oorspronklike Haas Das se Nuuskastelevisieprogram.

Karakters waarvoor hy bekendheid verwerf het sluit in Koning Leeu, Skillie Skilpad, Grootoom Flapoor Olifant, Bennie Boekwurm, Karel Kraai en nog vele meer.

Dié 77-jarige is Vrydagaand by sy huis in Pretoria-Noord oorlede.

Cherry, sy vrou,het gesê dit was ‘n aand soos enige ander toe Butch kamer toe is nadat hy gekla het van borspyn. Sy het hom ure later dood op die vloer gevind. Cherry het gesê die dokters glo dit was ‘n hartaanval.

“Dit is ‘n uiterse groot skok en dit voel alles nog so onwaar,” het sy gesê.

Al is Cherry oorval met hartseer, vertel sy entoesiasties van Butch se meer as drie dekades lange beroep as illustreerder.

“Butch se droom was om ‘n tekenprentkunstenaar te word en hy was gedrewe om sy droom te bewaarheid.”

Hy het sy loopbaan in Engeland afgeskop en was bevoorreg om vir Walt Disney te werk.

Bennie-Boekwurm-is-een-van-Butch-Stoltz-se-bekendste-karakters.

Terug in Suid-Afrika, het die Suid-Afrkaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) hom ‘n pos as hoof van die animasiedepartement aangebied.

Cherry het grappenderwys vertel hoe Butch oortuig was dit was ‘n ‘April fools joke’.

“Hy was deel van die span wat met die aanvang van televisie in Suid-Afrika, begin het om animasieinhoud te skep.” Sy het Butch die eerste keer by die SAUK ontmoet. “Hy was my baas en ek het soveel by hom geleer as kunstenaar,” het Cherry, wat self ‘n kunstenaar is, gesê.

Cherry onthou haar en Butch se jare by die SAUK as ‘n magiese tyd.

“Ons jare by die SAUK het nie soos werk gevoel nie. Ons was ‘n uiterse dinamiese en kreatiewe span.” Dit was gedurende dié tyd toe sy karakters vir stilprente vir Haas Das se Nuuskas en ander karakters gebore is. Hy was ook die kunstenaar wat die inleidende tekenprent van die gewilde Wielie Walie-program geskep het.

Tekenprent-weergawe-van-Haas-Das-se-Nuuskas-wat-in-n-tydskrif-verskyn-het.

Cherry vertel trots dat Butch ook die meesterbrein agter die eerste logo van SAUK was.

Lees meer oor Butch, ‘n tydlyn van sy mylpale in sy lewe en ‘n gallery vol foto’s op die oorspronklike artikel deur Ryno Ellis vir Pretoria Rekord Noord hier: https://rekordnorth.co.za/22058/bennie-boekwurm-en-vele-meer-se-pa-groet/

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button