Kim het groot hoogtes bereik
’n Vrou; 'n skeidsregter wat haar loopbaan met soveel passie aanpak het en elke keer wat sy op die rugbyveld hardloop, 'n adrenalien rush kry.

Kim Smit het sopas van die o/18-akademieweek in Durban teruggekeer. Die baba-Pumas het nie so goed by dié toernooi gevaar nie en al hul wedstryde verloor.
Sy het in 2010 uit haar beroep getree, maar is ’n jaar later genader om met die
afrigting van Suid-Afrika se top vroue-skeidsregters te help. In ’n maand sal sy
twee wedstryde op ’n Saterdag blaas. “My pad was nooit maklik nie, maar beslis
die moeite werd. Alhoewel ek myself nie as ’n vrouekampvegter sou brandmerk nie, was dit lekker om deel van die stukkie geskiedenis te wees. Ek het in Oktober
2001 begin blaas wanneer vroue-rugby in ons land begin vlamvat het.
Niemand het aan die begin vir jou ‘n kans gegee nie, maar as hulle eers gesien het wat jy op
die veld kan vermag, dan is jy die beste skeidsregter wat hulle nóg raakgeloop
het. Ek het op my eie manier respek verdien en dit het uiteindelik goed
afgeloop. Ek het baie ondersteuning gedurende die tydperk ontvang en dit het
beslis tot my sukses bygedra.”
Kim het die geleentheid gehad om by elke groot stadion in die land te kon blaas, maar die wedstryd op Coca-Cola Park (Ellis Park) was een van haar beste ervaringe nóg. Sy het haar eerste toets in 2004 geblaas “My hoogtepunt was my eerste o/19-provinsiale wedstryd in 2005 tussen die Westerlike Provinsie en Boland in Stellenbosch.
Ek het die Blou Bulle teen die Leopards o/19’s in Potchefstroom geblaas en die MTN Golden Lions teen die Valke o/19’s op Ellis Park. My eerste toets op 24 Junie 2006 teen Nederland op Kings Park was ongelooflik! My aanstelling by die 2006 Vroue Rugby Wêreldbeker in Kanada was baie spesiaal, veral omdat dit binne vyf jaar in my loopbaan gebeur het en vroue nie in SA baie blootstelling by internasionale toernooie in daardie tyd gekry het nie.”
Kanada is vir haar sprokiemooi, New York fantasties, maar Washington DC was die kersie op die koek. Gedurende dié tyd het sy baie vriende en kenisse gemaak. “Dit is seker een van dié lekkerste dinge van rugby. Hoogtepunte was toe ek genooi is om op Super Rugby saam met Kobus Wiese, Errol Tobias en André Watson te verskyn. Lyndon Brey het saam met by by die Wêreldbeker geblaas en vandag is hy hoof van die International Rugby Board Referees. Steve Welsh, Paddy O’Brien, Rassie Erasmus, Pieter de Villiers, Frans Ludeke, Paul Treu, Marius Jonker, Mark Lawrence, Craig Joubert en Balie Swart om maar ‘n paar te noem en natuurlik heelwat spelers. Ek wil nog graag vir Joost van der Westhuizen ontmoet. Ek het hom ongelukkig nog nooit iewers raakgeloop nie.”
Een of twee kommentare van die toeskouers kry haar nie maklik onder nie en sy vat dit nie persoonlik op nie. Sy besef dat dit alles in die hitte van die oomblik gebeur. “Ek fokus op die vier lyne op die veld en blaas nie vir die skare nie.”
Skeidsregting in Suid-Afrika bly ’n kwessie, maar sy doen dit met soveel passie en liefde. “Ons is omtrent 3000 skeidsregters en daar kort elke naweek iemand om iewers te gaan blaas. Daar is skeidsregters wat tot drie wedstryde ’n Saterdag blaas en dalk een in die week by hul afsonderlike unies.”
Tans tree sy as ’n “contender” wat aanspraak vir Suid-Afrikaanse Rugby Unie se Nasionale paneel maak, op. Sy blaas wedstryde soos o/19- en o/21 Curriebeker wedstryde en die Nasionale paneel blaas Senior Curriebeker. Sy werk met al die skeidsregters op dié paneel.