Local sportSport

Visse skaars by Witklipdam

Charl Carry en Wimpie Boshoff het gesamentlik eerste plek in die Inkwazi hengelkompetisie wat Saterdag by die Witklipdam in Witrivier plaasgevind het, behaal.

Dié twee het in moeilike omstandigdhede ‘n 1,12 kilogram swartbaars ingekatrol. Die suidelike wind het dit baie ingewikkeld gemaak om groot visse te vang. ‘n Totaal van 89 hengelaars het reeds 06:00 hul lyne in die water gegooi in die hoop om iets uit die water te trek. Party het vanaf hulle bote gevang en ander langs die oewer.
Dewald du Plessis en Brendon Swanepoel het van die boot af onderskeidelik in die tweede en derde plek met 0,99 kilogram en 0,97 kilogram geëindig. Lewelyn Malan het van die oewer af sy eerste swartbaars van 1,05 kilogram ingeweeg en met nóg ‘n vis van 0,37 kilogram gespog waar hy ‘n eerste en ‘n derde plek verower het. Johan Botha het ‘n vis van 0,68 kilogram gevang.
Juanita du Plessis het die vroue-afdeling gewen deur ‘n vis van 0,73 kilogram in te trek.
Twee broers, Ruan en Braam Laas was beide eerste in die junior afdeling. Dié vis het ‘n stewige 0,82 kilogram geweeg. Danie van der Merwe het tweede met ‘n gewig van 0,69 kilogram geëindig. Diegene wat nie deelgeneem het nie, het langs die dam gebraai en die buitelug geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button