Junior gimnaste wys slag in provinsiale proewe
Die gimnaste van Nelspruit Gimnastiek Akademie het tydens die Mpumalanga-proewe wat in Ermelo plaasgevind het, uitgeblink.

‘n Totaal van 56 vlak 1- tot 3 gimnaste het na die Noord-Zone-Kampioenskappe wat in Kemptonpark plaasgevind het, deurgedring.
Vlak-2 se Zoe Scheepers het algeheel eerste geëindig en Jalique Rautenbach in derde plek. Kaylyn Maré (eerste), Lize Oosthuizen (tweede), Chanel Hope (vyfde) en Jodi du Pisane (sewende) het aan vlak-1 vir sewejariges deelgeneem.
Inge Braun, Claudia Wallace, Magdaleen Terblanche, Jannika Verster, Megan Jordaan, Karli Jacobs, Nicky de Beer en Liana Jacobs het onderskeidelik eerste tot sewende plekke behaal. Suné Graham het die akademie se naam hooggehou deur die beste gemiddeld van al die vlak-een gimnaste aan te teken met 9,225 in die dogters o/12.
Die vlak-2 dogters, Livvy Owen het tweede gekom en Therese Syfert, vyfde vir dogters o/7. Jeane Strydom, Febe Gartner, Kayla Cornish, Martenique Milner, Amore Lindeque, Danje Obermeyer en Rianne Cochrane het almal naam in die dogters o/8-afdeling gemaak. Mia Viljoen en Amé Hope het onderskeidelik tweede en vierde in die dogters o/9-afdeling gekom met Ankia Roux, Leane Wallace, Lize van Biljon en Maryke Nel wat uitstekend in die o/11-dogters presteer het. Die o/13-dogter, Zuziwe Mayenjane het die eerste plek behaal.
Savanti Kirsten het huiswaarts met die hoogste gemiddeld van die vlak-drie gimnaste, 9,275 gekeer. Larusha Scheepers, Shene Coetzee en Larise Combrink het in die vlak-drie dogters o/10 goeie plekke behaal. Die drie o/12-dogters, Marine Herbst en Jeanine Coetzee het uitstekend presteer.
Die seuns het ook die toeskouers verras. Marnevic Muller het die hoogste gemiddeld in die vlak twee behaal.
