Local sportSport

Hengelseisoen kom tot ‘n einde

Die voorlaaste kompetisie van die Laeveld Swartbaas Klub het Saterdag 31 Augustus by die Vygeboomdam plaasgevind.

Vygeboom Dam – Die visvangkompetisie by Vygeboom het vanuit die Machado Hengelklub se gronde plaasgevind.

Die kompetisie is bygewoon deur 21 bote en ‘n paar nuwelinge het die dag bygewoon.  Die kompetisie het 7:00 begin en het tot 15:00 aangehou. “Die wind het heeldag gewaai en konsentrasie op die onstuimige water was die nommer een prioriteit,” vertel Adriaan Bam.

Alhoewel die vis reeds na die vlakker gedeeltes beweeg het is daar taamlik baie min groot wyfies wat al reeds hul verskyning gemaak. Die water was reeds rondom die 14 merk maar meer gunstig na 18 sal sekerlik beteken dat die groter vis nader kom. In die vlakker gedeeltes tot so 3,5m is die groter hoeveelheid van die vis aangekeer. By die inloop waar die water effens gekleur was het die riete die meeste vis gehou. Die vis was hier in die songedeeltes. Rondom die klippe was daar egter nie veel nie.

Na die inweeg-proses en prysuitdeling het almal saam gekuier.

Wenspanne

  1. Span Swear Baar – 5.080kg R5000
  2. Span Termocline – 4,985kg R3000
  3. Span T & H – 4,875kg R2000

Grootste vis

Span S4lt 1,4kg – R1050

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button